

PETRO SE SAMOOSAS MET KERRIEMAALVLEIS
Samoosas gemaak die velle gekoop.
MAALVLEISKERRIE
Verhit 60 ml sonneblomolie in ‘n kastrol.
Voeg die volgende by:
2 gekapte uie
2kaneelstokke
4 naeltjies
4 kardemomsade
‘n takkie kerrieblare
Braai dit ‘n minute tot dit geurig raak.
Voeg die volgende by en braai tot bruin:
1 kg ekstra maer beesmaalvleis
Voeg by:
fyngedrukte knoffelhuisies na smaak
10 ml gerasperde vars gemmer
2-3 ontpitte en gekapte rissies
1 blik gekapte tamaties
10 ml fyn koljander en komyn 
Sit die deksel op en laat dit vir 15 minute prut.
Voeg by:
2 aartappels , geskil en in blokkies gesny
Sit die deksel terug en laat dit vir 15 minute kook.
Voeg by en kook deur:
250 ml bevore ertjies
50 ml gekapte vars koljander
Geur dit na smaak en sit voor.
Nota:
Resep se 1 kg ek het net 500 g gebruik en ertjies weg gelaat
Resep en foto: Petro van Genderen






