HEERLIKE SAGTE VARKTJOPS

tested
HEERLIKE SAGTE VARKTJOPS

Plaas foelie in Pyrex bak genoeg om te kan toe vou…
Strooi die helfte van n pakkie Wituie soppoeier bo-op die onderste laag foelie.
Plaas varktjops bo-op sop poeier en strooi die res van die sop bo op.
Plaas klonte margarien bo-op die tjops en vou die foelie toe.
Bak in oond op 180ÂșC tot gaar en soppoeier ‘n heerlike kors gemaak het.
Dis heerlik, sag en sappig.
Heerlik saam met aartappel-skyfies/slaai/ groente.

Resep: Magda Swanepoel
Foto: Adam Cloete
Ek het hierdie metode van Magda Swanepoel gebruik, maar toe sommer half gaar gekookte aartappels en wortels, asook dun uieringe en rou sampioene in die foelie saam met die tjops toegemaak. Dit was wonderlik lekker. Oor dit klein bietjie droog gebak het, het ek net ‘n pakkie geroosterde vleisgeur souspoeier aangemaak en aan die einde oorgesit.