WENKE VIR DIE KLITS VAN MERINGUE
Maak seker dis nie ‘n reënerige dag nie.
Gebruik alle bestandele by kamertemperatuur
Maak seker alle toerusting is 100% skoon en droog.
Vryf jou meng bak uit met bietjie suurlemoensap en handdoek papier. Die bietjie surigheid stabiliseer die eierwit en verseker n “vetvrye” bak.
Gebruik 1 eierwit vir ‘n kwartkoppie strooisuiker.
Klits jou eierwitte met ‘n knippie sout tot sagte punte en begin dan die strooisuiker lepel vir lepel inklits. Maak seker al die suiker is gesmelt voor jy die volgende lepel suiker inklits. Klits deur en gebruik dan. ‘n knippie kremetart kan ook bygevoeg word as stabliliseerder.
Bak jou meringe by 160 vir 30 min en skakel die oond af. Hou die oonddeur effens oop met ‘n houtlepel en laat die tert in die oond afkoel.
Op reënerige dae klits ek so halwe koppie gesifde maizena by aan die einde van die klits tyd. Dis absorbeer van die vog in die lug. Mens moet net nie rosette spuit nie. Hy gaan kraak. Mens spuit sulke dollops.
WENKE: Frikkie Jones