

PAMPOENPOEDING SONDER KANEEL
3 koppies gaar pampoen
3 eiers
250 g bruismeel
200 g suiker(ek het bruinsuiker gebruik)
175 g botter
Stroop:
125 ml room of ideal melk
75 g botter
60 ml bruin suiker
Kook die stroop bestanddele saam.
Meng bestanddele vir poeding saam. Smeer poedingbak en skep die poedingbeslag daarin. Bak in voor verhitte oond 180°C vir 30min, giet die stroop oor en bak ń verderé 15min.
Resep en foto: Anthony Raymond
NOTA:
Absoluut verras deur die gereg kon nie verstaan hoekom geen kaneel of gemengde speserye, maar die roomsous doen die ding.






