

MARIETTE SE TUISGEMAAKTE ROOMKAAS
Resep geplaas deur Mariette Visser
Ek maak amper elke week my eie roomkaas. Dis vreeslik maklik. Die amasi wat jy oornag laat deursuig is heerlik glad en romerig, maar het ‘n definitiewe jogurt-smaak. Ek verkies die volgende metode. Dit maak heerlike, ryk en romerige, stywe roomkaas soos die blokke wat jy koop.
3 koppies volroom melk
1 koppie vars room
3 – 4 Eetlepel suurlemoensap of witasyn
Sout
Verhit die melk en room in kastrol tot dit net-net begin prut. Roer gereeld dat melk nie onder brand nie. Voeg die asyn by en beweeg dit net so liggies met ‘n metaallepel (ek het op youtube heelwat videos gekyk en van hulle gebruik houtlepels en van hulle roer sommer, maar ek vind ons melk hier in SA is seker nie heeltemal so ryk soos hulle s’n nie, want wanneer die wei en wrongel (curds) skei, skei dit nie in sulke dik stukke soos op die videos nie) laat dit so staan tot die wei lekker deursigtig is en nie meer melkerig nie. Continue reading














