

MAAK JOU EIE MAASKAAS.
Ek maak my eie maaskaas van een liter “double Cream plain yogurt”
Plaas inhoud van yogurt in ‘n vergiettes wat met handoek papier uitgevoer is.
Plaas oor ‘n bak dat vloeistof kan afloop, laat dit oornag in yskas.
Maak 4 houers maaskaas.
Maak gereeld kaaskoek, werk baie goedkoper uit as die bakkies klaar gemaakte maaskaas.
Resep: Thea Loots
Category Archives: Tuisgemaak / Home Made
NATACHA’S FETA CHEESE



NATACHA’S FETA CHEESE
For every 500 ml milk use 50 ml white vinegar (I used 2 L milk).
Pour milk and vinegar in a pot and heat up on LOW heat, do not stir. Boil for 5 minutes (do not stir) and strain through a clean cloth and sieve. Let it cool enough to wring excess moisture out. Add your flavourants (I used grinded tropical pepper and Himalayan pink salt) to your taste. Press tightly into a bowl and let it chill in the fridge. Cut in squares.
Mix 1 cup boiled water, cooled down with 2 teaspoons salt. Put your cheese in a sterilized bottle and cover with the salt water. Refrigerate.
Recipe and photo: Natascha Visagie
2nd Photo: Charnelle Yhukutwana
TUISGEMAAKTE BAKPOEIER

TUISGEMAAKTE BAKPOEIER
454 gram kremetart
227 gram koeksoda
113-227 gram maizena
Sif 6 keer saam. Hou in lugdigte blikkies en gebruik soos gewone bakpoeier.
Resep geplaas en foto: Ayla Sanchez
MARELIE SE TUISGEMAAKTE KONDENSMELK


MARELIE SE TUISGEMAAKTE KONDENSMELK
3 koppies melkpoeier
2 koppies suiker
1 koppie warm water
Dan klits jy net alles saam tot suiker mooi opgelos is.
Resep: Marelie Spoelstra
GILLIAN SE TUISGEMAAKTE PASTA


GILLIAN SE TUISGEMAAKTE PASTA
750 ml koekmeel
4 groot eiers
1 teelepel sout
2 eetlepels olie/olyfolie
Sif die koekmeel en sout saam. Maak ‘n holte in die meel en breek die eiers daarin. Meng alles saam met houtlepel en voeg nou die olie by. Knie tot ‘n sagte, hanteerbare deeg. As deeg nog te styf is, voeg ‘n halwe teelepel olie op ‘n slag by en knie verder. Continue reading
TUISGEMAAKTE MAYONNAISE VAN EIERGELE


TUISGEMAAKTE MAYONNAISE VAN EIERGELE
25 – 50 ml eiergele – 50 ml maak ‘n baie dik mayonnaise
25 ml wit wyn asyn
5 ml Dijon mosterd
5 ml sout (Maldon)
5 ml suiker
2 ml wit peper
Klits bogenoemde saam vir ‘n minimum van 2 minute tot mooi gladde emulsie bereik is.
Voeg dan die olie BAIE STADIG by terwyl die klitser aan is. Continue reading
“CULTURED” BOTTER


“CULTURED” BOTTER
50 ml Griekse jogurt met lewendige kulture (cultured)
500 ml vars room
5 ml sout
Meng die jogurt en room en los 24 uur, of 2 of 5 dae (as die lewe inmeng en jy kom nie by dit uit nie). Klits met ‘n elektriese klitser dat die blits wit sit en die water begin uitskei. Gooi karringmelk af en bere in yskas vir beskuit of iets lekkers.
Continue reading
VLEISLAND SE SALAMI EN SMOKIES


VLEISLAND SE SALAMI EN SMOKIES
Vir die van ons maters wat nie daai beroemde SALAMI-G van Spicetech kan in die hande kry nie.
Hier het ons nou gemaak, getoets, en geslaag.
VLEISLAND se Salami speserye, vir elke kombuis, sonder MSG, sonder Potassium, sonder kleursel, en sonder al daai preserveer middels.
7.5 kg wild of beesvleis
2.5 kg bees lyfvet of brisketvet, of skaapstert (10 kg totaal )
6 eetlepels tafelsout
3 eetlepels pienksout (red Cure)
1 eetlepel bruin suiker
2 eetlepel growwe swart peper
1 eetlepel fyn knoffel
1 eetlepel paprika
1 eetlepel rooi peper (Cayene Pepper)
1 teelepel salpeter of 1 eetlepel Askorbiensuur (Kry sommer by die apteek)
1 teelepel anys
½ koppie droë rooiwyn Continue reading
GIDEON SE PLAASBOTTER



GIDEON SE PLAASBOTTER
Kyk ek’t op landbouskool in Std 7 laas botter gemaak en kyk nou’t ek dit na 50 jaar later weer reggekry.
Maar op ‘n primatiewe manier
En issit nie lekker nie?
1 liter vars room
1 desertlepel gemaalde growwe sout (12.5 ml)
Gooi die room in ‘n groterige bak.
Onthou dit raak meer as jy begin klits ek’t my elektriese handklitsertjie op medium spoed begin, klits omtrent vyf tot tien minute tot die karringmelk begin vorm hou dan nog ‘n rukkie aan.
Gooi dan die water af en druk die ekstra water uit die botter
Continue reading
MAKLIKE TUISGEMAAKTE PASTA


MAKLIKE TUISGEMAAKTE PASTA
Vir elke 100 g meel gebruik een eier.
Meng goed en knie die deeg vir paar minute en laat rus toegemaak vir ten minste 30 minute in plastiek sakkie sodat dit nie uitdroog.
Rol baie dun uit met koekroller of pasta masjien en sny in vorm van keuse.
Gooi in vinnig kokende water.
Vars pasta kook ongeveer 2-3 minute afhangend van hoe dun dit uitgerol is.
Bedien met sous van keuse.
Foto en resep: Elsabie Templeton.

