

“CULTURED” BOTTER
50 ml Griekse jogurt met lewendige kulture (cultured)
500 ml vars room
5 ml sout
Meng die jogurt en room en los 24 uur, of 2 of 5 dae (as die lewe inmeng en jy kom nie by dit uit nie). Klits met ‘n elektriese klitser dat die blits wit sit en die water begin uitskei. Gooi karringmelk af en bere in yskas vir beskuit of iets lekkers.
Voeg nou 500 ml (of meer) yskoue water in die bak by die botter en knie deur, of met deeg haak of met jou hand. Gooi water in emmer (vir kruie of blomtuin, daar is lekker voedingstowwe in).
Herhaal proses met yswater totdat jou water skoon is. Gooi water af en knie nog, jy sal verbaas wees hoeveel water skuil in die botter. Voeg nou 5 ml sout by en knie weer deur, gooi nog water af wat uitkom. Keer uit op ‘n stuk kleefplastiek en rol in worsie.
Bêre in yskas en eet op enige ding wat jy kan, want jy gaan wil.
Resep geplaas deur Kiti City
Foto: Kiti City
Nota: The words “live and active cultures” refer to the living organisms, Lactobacillus bulgaricus and Streptococcus thermophilus, which convert pasteurized milk to yogurt during fermentation. Note that the milk is pasteurized before culturing to remove any harmful bacteria.






