PETRO SE TUISGEMAAKTE BOTTER
Ek het vanoggend 1 liter room gehad wat naby aan suur was.
Klop met ballon whisk tot dit amper soos krummelpap lyk.
Dis die stadium net voor die wei skei van die vet.
Skakel dadelik oor na stadige spoed, tensy jy jou hele kombuis vol karringmelk gespat wil he.
As wei meestal afgeskei het, gooi wei deur sif (karringmelk)
Klop met K beater tot al die vog uit is. Meng sout na smaak by.
Kiti De Jager:
Jy moet jou botter “was” voordat jy sout bysit, anders gaan dit gou galsterrig word. As die karringmelk alles uit is, gooi yswater by (sonder die ys), en knie deur, of roer stadig met jou deeg knie haak. Doen dit ‘n paar keer totdat die water skoon bly en nie melkerig wrod nie. Dan eers druk jy al die water uit en voeg sout by. Ek maak baie botter, so ek weet. En nee ek gooi nie suurlemoen by nie tensy ek spesifiek suurlemoen botter wil he, anders proe dit botter na dit.
1 liter = 500gr / 500 ml botter en 500 ml karringmelk
Resep en Foto: Petro Borchard
done