


GIDEON SE BIEFSTUK EN NIERTJIE PASTEITJIES
1 rol Skilferkors deeg
4 Skoongemaakte niertjies wat in blokkies gesny is
300g Steak wat in blokkies gesny is
2e Chutney
1/4k Jimmys sous
2e Bruin uiesop poeier
1 ui gekerf
Bietjie chillie flakes
2e suiker
1 geklitste eier
Rol die vleis in n bietjie meel
Braai die vleis en uie n bietjie in n bietjie olie en haal af van hitte
Meng die jimmys en soppoeier in n koppie en gooi oor die vleis
Voeg dan alle ander bestanddele by behalwe die eier en roer en laat afkoel
Rol die deeg uit en gebruik n glas om sirkels te druk en plaas dit in die foelie bakkie
Druk ook sirkels om bo op te sit
Ek het baie klein foelie bakkies gebruik en met n teelepel in elke bakkie n bietjie van die mengsel geskep.
smeer die rande met geklitste eier en plaas die sirkels op vir n deksel en druk vas met n vurk
Bak in n voorverhitte oond op180grade vir twintig minute
Let wel : ek het omtrent die helfte van die vleismengsel gebruik vir 20 van die klein pasteitjie en een rol deeg so jy het omterent nog n rol deeg nodig as jy al die vleis wil opgebruik vir die klein goelie bakkies
Resep en foto: Gideon Louw






