

MARNè SE LEKKER AARTAPPELSLAAI
Hier is hoe ek hom gemaak het:
5-7 groot aartappels (5 as dit baie groot is)
1 pakkie spek stukkies
2 uie (fyn gekap)
1 bottel mayonnaise
1 blikkie kondensmelk
50ml vars dill (fyn gekap)
30ml heuning
Sout en peper na smaak
Kook die aartappels tot sag. Terwyl dit kook, meng solank die mayonnaise, kondensmelk en dill saam.
Braai die spek tot dit begin bruin word. Gooi dan die heuning by en braai vir nog so 10 minute. Skep dit uit die pan en meng dit dadelik saam die sous. Continue reading









