BRUIN UIESOP EN JOGURT FRIKKIE MET KOOLSLAAI
Vir die frikkies het ek ongeveer 1 kg wilds maalvleis gebruik. Maak los met 2 vurke. Meng ‘n koppie ongegeurde dubbelroom Griekse jogurt met ‘n halwe pakkie bruin uiesoppoeier. Gooi dit oor die maalvleis en werk dit in die vleis in met die 2 vurke. Gebruik jou roomys lepel en vorm bolletjies (dis redelik sagte mengsel) van dieselfde grootte en plaas in ongesmeerde oondskottel. Bak by 200C vir 25min. Moenie toemaak nie.
Koolslaai:
Halwe koolkop harde stingel verwyder en fyn opgesny.
3 Wortels grof gerasper.
2 Groen appels grof gerasper.
2 Seldery stingels en blare fyn opgesny.
1/4 rooi ui fyn gerasper.
1 koppie mayonnaise gemeng met 1/4 koppie kondensmelk of na smaak.
Seldery sout na smaak.
1/2 koppie pitlose rosyntjies.
Meng nat bestandele goed saam met die seldery sout en meng in die groente bestandele in.
Bron:Elsabie Templeton
Foto:Elsabie Templeton