

MAKETAANSTUKKE MET VARIASIE
Resep: Hilda Harvie
Foto: Hilda Harvie
FOOD LOVERS RECIPES
kalkwater: 15 ml/1 eetlepel kalk op 3.4 liter water
6.8 liter water vir elke 3.5 kg stukke
Sny maketaan in ringe, die breedte wat die stukke moet wees soos verkies.
Sny dan die sagte deel uit en los die harde deel vir die stukke, ook in die dikte wat nodig is.
Skil nou die groen skilletjie dun af.
Prik elk langwerpige stuk met vurk of kapper baie goed, al die wit dele moet deurskynend wees.
Sny dan in blokkies soos verkies en maak seker stukkies is deeglik geprik.
Week oornag in kalkwater (15 ml/1 eetl. kalk op 3.4 liter water). Ek gebruik so 6.8 liter water vir elke 3.5 kg stukke.
Volgende oggend dreineer water af en spoel BAIE goed af onder koue water.
Kook nou stukke in kokende water vir omtrent 15 minute todat stukke mooi helder kleur het.
Maak stroop:
Vir 3.5 kg vrug:
15 koppies suiker
15 koppies water
12 eetlepels suurlemoensap
gemmer (Ek kap my gemmer met kombuishammertjie en bind dit toe in ‘n sakkie wat ek sny uit net)
1 teleepel sout
Kook alles saam tot die goed borrel en gooi die stukke een vir een in kokende stroop.
Stroop moet aanhoudend kook terwyl stukke ingegooi word.
Kook tot stroop lekker dik is en doen die pieringtoets in vrieskas met stroop.
Gewoonlik as die stroop so geel skuimpie maak dan raak dit gaar. (ondervinding)
Laat staan vir ‘n rukkie tot ergste stoom af is en bottel.
GENIET!!
Maketaan met Pynappel:
vir 3.5 kg gemaalde maketaan – 1.5 kg gemaalde pynappel
knippie sout
10 eetlepels suurlemoen
3.750 kg suiker (375 gr vir elke 500 g vrugte)
Gebruik die binneste sagte deel van Maketaan.
Haal pitte uit en maal dit. Ek gebruik die Twister, dit werk die beste.
Vir elke 3.5 kg gemaalde maketaan, gooi 1.5 kg gemaalde pynappel by.
Kook saam vir 15 min met 2 koppies water in.
Gooi knippie sout en 10 eetlepels suurlemoen by.
3.750 kg suiker (375 gr vir elke 500 g vrug)
Kook totdat die kleur mooi ligte caramel is en toets ook in die yskas (pieringtoets).
Bottel warm en maak seker lugborrels is uit voor toemaak.
Hierdie Maketaan het 25kg geweeg en het 47botteltjies gelewer…..My laaste een wat le en wag is 37kg….Sal seker volgende week by hom uitkom….Het een van 41kg so 3 weke gelede gedoen en het 98 botteltjies uit hom gekry.







geskuif