

CHOC CHIP KOEKIES
Resep geplaas en foto deur Maranda van Dam
FOOD LOVERS RECIPES
5 koppies bruismeel
1 blik kondensmelk
500 g botter
1 koppie witsuiker of strooisuiker
1 koppie choc chips
Verhit oond tot 180º C.
Room botter en suiker tot lig.
Voeg res van die bestanddele by behalwe choc chips.
Vou choc chips by.
Rol deeg in klein bolletjies ( ek gebruik teelepel ) plaasop die bakplaat en druk met vurk plat.
Bak vir 8-10 minute.
PS: Koekies is sag as hulle uit die oond kom maar raak lekker bros.
Drie panne koekies – tenminste 100 koekies.







geskuif