ROLKOEK MET KONFYTVULSEL
Die is ‘n klein rolkoek.
2 Ekstra groot eiers, geskei
1 ml vanilla geursel
10 ml suurlemoensap
100 ml strooisuiker
125 ml koekmeel
knippie sout
5 ml bakpoeier
15 ml melk
Appelkooskonfyt
Versiersuiker
Voorverhit die oond tot 220ºC.
Berei ‘n bakplaat van 30 x 20 cm voor deur dit te smeer en te voer met bakpapier wat daana weer gesmeer is.
Klits die eiergele, vanieljegeursel en suurlemoensap saam.
Voeg die strooisuiker geleidelik by terwyl geklits word. Klits tot liggeel en lig.
Sif droë bestandele (koekmeel, bakpoeier ens sout) drie keer saam.
Vou die droë bestandele by die eiermengsel, met metaallepel in.
Vou melk in.
Klits die eierwitte in groot mengbak tot styf.
Vou die styfgeklopte eierwitte in die deeg in.
Skep die deeg in die voorbereide bakplaat en maak gelyk.
Bak vir ongeveer 10-12 minute tot gaar.
Berei ‘n klam skoon vadoek of klam bakpapier voor om die rolkoek te rol.
Maak seker die werksoppervlakte waarop gewerk word is deeglik skoon.
Keer die rolkoek uit die bakplaat en verwyder die bakpapier.
Sny nie korsies af met skerp mes en rol liggies op(Sit die “naat” an die onderkant) Laat afkoel.
Rol die rolkoek weer af, na dit afgekoel het, en smeer met appelkooskonfyt. Rol qweer die rolkoek op.
Plaas die rolkoek in ‘n lugdigte houer om uitdroging te verhinder tot opdien.
Plaas op ‘n geskikte bord en strooi versuiker bo-oor.
Foto het gesmelte sjokolade oor in plaas van versiersuiker.
Bron: Montana Hoërskool gebak deur Chanté van der Colff
Foto: Meisie van der Colff
geskuif
Done