

2 MINUTE PIZZA IN ‘N BEKER
In ’n beker wat in die mikrogolfoond gebruik kan word, meng:
4 eetlepels meel
⅛ teelepel sout
⅛ teelepel bakpoeier
’n knippie koeksoda
Klits 3 eetlepels melk en 1 eetlepel olie daarby in en meng deeglik.
Skep ’n bietjie van jou gunsteling-marinarasous daarop.
Sprinkel ’n bietjie gerasperde kaas, pepperoni, gedroogde kruie en enige ander bestanddele oor waarvan jy hou.
Plaas in die mikrogolf vir 70 tot 80 sekondes – en begin smul!
Geplaas deur Elizabeth Margaret Hendrikz






