SKOONMA SE PIESANGSLAAI
(skoonma)
3 eiers
125 ml wit asyn
250 ml suiker
250 ml ingedampte melk (ek gooi sommer die hele blikkie in)
Klits eiers, asyn en suiker baie goed in ‘n kastrolletjie.
Verhit dan oor matige hitte tot dik, maar roer tog net aanmekaar. Haal dan af van stoof en laat afkoel.
Gooi dan ingedampte melk by en roer baie goed.
Ek sny gewoonlik so sewe piesangs, dan is die sous omtrent net genoeg. As jy minder piesangs wil gebruik kan jy van die sous in die koelkas hou tot 2 weke.
Bron: Carin Ras Wilson






