


DUITSE ROOMTERT
Maak Krummelkors en sprinkel lemoensap oor
(Ek gooi die sap deur ‘n oliefiltersakkie in ‘n sproeikannetjie om die krummelkors egalig aan te klam).
Plaas die volgende saam in ‘n bak en roer vinnig deur (resep sê roer 4 x of so 4 sekondes) :
500 ml room
1 pakkie Zahnesteiff
1 pakkie Duitse vanielje-kitspoeding
1 blikkie ingelegte “tangarine”-skyfies
Ongelooflik lig en lekker!
(Ek lê my eie nartjies in oor ek dit nie in SA kry nie).
Die mengsel is feitlik dadelik dik soos jy die vurk deurtrek. Skep in die kors en los oornag in yskas (om ryp te word).
Bron: Carlien Coetzee






