



SLAAISOUS VIR PIESANGSLAAI
3 eiers
125 ml witasyn ( halwe koppie)
250 ml suiker (1 koppie)
10 ml mosterdpoeier (2 teelepels)
knypie sout
250 ml Ideal melk (1 koppie)
Klits als saam in kastrol tot goed gemeng. (Behalwe ideal melk) verhit oor matige hitte tot dik en roer gereeld. Haal van stoof af sodra begin kook. Laat afkoel. Voeg ideal melk by en meng goed. Gooi in fles en bewaar in yskas tot benodig. Vir slaai sny piesang in skywe en gooi van die sous oor. Bewaar res in yskas vir tot 3 weke.
RESEP: Johan En Biebie Botha






