

MARNè SE LEKKER AARTAPPELSLAAI
Hier is hoe ek hom gemaak het:
5-7 groot aartappels (5 as dit baie groot is)
1 pakkie spek stukkies
2 uie (fyn gekap)
1 bottel mayonnaise
1 blikkie kondensmelk
50ml vars dill (fyn gekap)
30ml heuning
Sout en peper na smaak
Kook die aartappels tot sag. Terwyl dit kook, meng solank die mayonnaise, kondensmelk en dill saam.
Braai die spek tot dit begin bruin word. Gooi dan die heuning by en braai vir nog so 10 minute. Skep dit uit die pan en meng dit dadelik saam die sous.
Braai die uie in die oorblywige sous van die spek tot dit karameliseer. Skep dit ook uit en meng dit dadelik saam die sous.
As die aartappels sag is skep dot uit en laat dit afkoel. As dit koud is, skil die aartappels en sny dit in stukkies. Gooi dit ook saam die sous en meng.
Proe nou hoeveel sout en peper jy wil bygooi, smaak verskil mos maar hier so bietjie.
As als goed koud is, sit dot oornag in die yskas sodat die smake mooi kan ontwikkel. Geniet dit!
Bron en Foto: Marné Jacobs






