

VINNIGE BRAAIBROODJIE
Voorverhit oond 180°C
2 koppies koekmeel
2 ml sout
2 teelp bakpoeier
10 ml gedroogte gemengde droë kruie
1 paKKIE bruinuiesop
125 ml gerasperde kaas
(Hou ‘n bietjie eenkant om bo-oor te strooi)
340ml bier
30 ml water
Meng droë bestanddele met kaas.
Voeg bier en water by en meng goed.
Skep in gesmeerde broodpan
Bak 40min by 180°C of tot gaar.
Foto: Elna Erasmus en Hanlie Cronjé Swart






