MARNè SE LEKKER AARTAPPELSLAAI

MARNè SE LEKKER AARTAPPELSLAAI
Hier is hoe ek hom gemaak het:
5-7 groot aartappels (5 as dit baie groot is)
1 pakkie spek stukkies
2 uie (fyn gekap)
1 bottel mayonnaise
1 blikkie kondensmelk
50ml vars dill (fyn gekap)
30ml heuning
Sout en peper na smaak
Kook die aartappels tot sag. Terwyl dit kook, meng solank die mayonnaise, kondensmelk en dill saam.
Braai die spek tot dit begin bruin word. Gooi dan die heuning by en braai vir nog so 10 minute. Skep dit uit die pan en meng dit dadelik saam die sous.
Braai die uie in die oorblywige sous van die spek tot dit karameliseer. Skep dit ook uit en meng dit dadelik saam die sous.
As die aartappels sag is skep dot uit en laat dit afkoel. As dit koud is, skil die aartappels en sny dit in stukkies. Gooi dit ook saam die sous en meng.
Proe nou hoeveel sout en peper jy wil bygooi, smaak verskil mos maar hier so bietjie.
As als goed koud is, sit dot oornag in die yskas sodat die smake mooi kan ontwikkel. Geniet dit!
Bron en Foto: Marné Jacobs




BRUIN UIESOP EN JOGURT FRIKKIE MET KOOLSLAAI

BRUIN UIESOP EN JOGURT FRIKKIE MET KOOLSLAAI
Vir die frikkies het ek ongeveer 1 kg wilds maalvleis gebruik. Maak los met 2 vurke. Meng ‘n koppie ongegeurde dubbelroom Griekse jogurt met ‘n halwe pakkie bruin uiesoppoeier. Gooi dit oor die maalvleis en werk dit in die vleis in met die 2 vurke. Gebruik jou roomys lepel en vorm bolletjies (dis redelik sagte mengsel) van dieselfde grootte en plaas in ongesmeerde oondskottel. Bak by 200C vir 25min. Moenie toemaak nie.
Koolslaai:
Halwe koolkop harde stingel verwyder en fyn opgesny.
3 Wortels grof gerasper.
2 Groen appels grof gerasper.
2 Seldery stingels en blare fyn opgesny.
1/4 rooi ui fyn gerasper.
1 koppie mayonnaise gemeng met 1/4 koppie kondensmelk of na smaak.
Seldery sout na smaak.
1/2 koppie pitlose rosyntjies.
Meng nat bestandele goed saam met die seldery sout en meng in die groente bestandele in.
Bron:Elsabie Templeton
Foto:Elsabie Templeton




BROODSLAAI A LA BENHET

BROODSLAAI A LA BENHET
1/4 brood in blokkies gesny en gediep braai
Meng saam en kook vir 5 min.
2 eiers
1/2 koppie gesmelte botter
1/2 koppie asyn
1 blikkie kondensmelk
1 teelepel sout
peper na smaak
2 teelepels mosterpoeier

Laat gebraaide brood en mengsels goed afkoel en meng deur. Strooi kaas oor.

Ekke love dit 😉

Bron: My ma se resepie
Foto: Benhet Nieuwenhuis




CEVICHE UIE (GEMARINEER IN ASYN)

CEVICHE UIE (GEMARINEER IN ASYN)
Sny jou uie dun ringetjies
Strooi ‘n tlp suiker oor
Sprinkel sout oor
2 Eetlepels wit asyn
Meng en laat staan vir ‘n rukkie…….GENIET!
Resep: Amanda Conradie
Foto: Elize de Kock
Wenk Elize de Kock:  Jy kan enige geur bysit, soos swart peper, mosterd saadjies, chilli, ens
Pers uie werk net so goed en lyk baie mooi




IDEES VIR PIESANGSLAAI SONDER MAYONNAISE

 


IDEES VIR PIESANGSLAAI SONDER MAYONNAISE
Mandie Venter:
Ek gooi glad nie mayonnaise in myne nie. Ek gebruik eerder jogurt. Enige geur saam met kondensmelk en klein bietjie suurlemoensap. My man is mal daaroor so.
Luzanne Kleingeld Nel:
Chock chip yogurt saam kondensmelk is heerlik.

Henriette Mynhardt:
Meng 250 ml styfgeklopte room, ¾ blikkie kondensmelk en suurlemoen sap na smaak. Heerlik!
Magda Swanepoel:
Suurroom met bietjie kondensmelk of suiker werk goed. Ek eet ook nie mayonnaise nie.
Margaret En Freddie Jordaan:
Piesangs. Stukkies pynappel. (blik) en granadilla joghurt. Heerlik

Geraldene Camons Cartwright:
Piesang en “baked beans” slaai :
1 blikkie “baked beans”
2 piesangs, in dun skywe gesny
1 klein gerasperde ui
½ teelepel kerrie poeier
Meng alles saam. Heerlike slaai.

Lenie Venter:
Vir baie mense klink dit verskriklik, maar sprinkel worcestorsous oor piesangs, die brand by die soet is heerlik. Piesangs moet net nie oorryp wees nie.
Annamarie Mc Cabe:
Ek meng lemon curd en gewone plain jogurt na smaak en gooi dan klein marshmallows by dis heerlik en altyd ‘n wenner

Agnes Barnard Venter:
Gebruik room is heerlik saam met kondensmelk en suurlemoen
Janine Crous:
Ek maak myne met kondensmelk, asyn, sout, peper en mosterpoeier.

Amelia van Rooyen:
Kerrie piesang slaai!
Braai ‘n fyn gesnyde ui tot bruin voeg kerrie by na smaak ½ tot 1 eetlepel! Gooi sous van 1 blikke perskes by en prut vir 2 min laat afkoel! Sny piesangs so 6 in skywe en perskes in blokkie grote meng sous by!




SKOONMA SE PIESANGSLAAI

SKOONMA SE PIESANGSLAAI
(skoonma)
3 eiers
125 ml wit asyn
250 ml suiker
250 ml ingedampte melk (ek gooi sommer die hele blikkie in)

Klits eiers, asyn en suiker baie goed in ‘n kastrolletjie.
Verhit dan oor matige hitte tot dik, maar roer tog net aanmekaar. Haal dan af van stoof en laat afkoel.
Gooi dan ingedampte melk by en roer baie goed.
Ek sny gewoonlik so sewe piesangs, dan is die sous omtrent net genoeg. As jy minder piesangs wil gebruik kan jy van die sous in die koelkas hou tot 2 weke.
Bron: Carin Ras Wilson




JOHAN SE RYSSLAAI


JOHAN SE RYSSLAAI

Uie, rooi ,groen en geel peppers gebraai.
Bacon apart gebraai en blokkies gesny.
Alles toe ingemeng met rys
Alles is +-
2 koppies gaar rys
Halwe groen pepper
Halwe rooi pepper
Halwe geel pepper
2 meduim uie
200 gram bacon
Sout en peper na smaak

Bron en Foto: Johan Westenberg




TINUS SE KOMKOMMER SLAAI


TINUS SE KOMKOMMER SLAAI

Rasper ‘n komkommer (druk meeste water uit),
Kap ‘n paar peppermint blare op (opsioneel),
125 ml plain jogurt en sout en pepper na smaak.
Geniet saam kerrie, help as dit baie brand.

Bron en Foto: Tinus Nel




QUICK CHAKALAKA PASTA SALAD

QUICK CHAKALAKA PASTA SALAD

Cook pasta with salt until soft, mix one tin of hot and spicy chakalaka (you can use a milder chakalaka to taste) add a spoon or two mayonnaise, mix with the pasta, mince a fresh clove of garlic and add to the pasta. Enjoy as a salad or light meal! Yummy!!

Source and Photo: Marina Hiscock




WILMA SE KOOLSLAAI

WILMA SE KOOLSLAAI
350 g kool/wortels in sakkies gekoop en net fyner gekap
260 g broccoli en blomkool saam fyngekap
1 ½ koppies sonneblomsaad
½ koppie rosyne
½ koppie vars pynappel fyn stukkies gekap
1 teelepel suiker
Sout na smaak

Maak sous soos volg:
1 koppie gewone jogurt
½ koppie mayonnaise – tangy soort
1 eetlepel blatjang

Meng sousbestanddele en maak seker sous is nie te soet vir jou nie. As dit is voeg bietjie asyn by.
Meng alless nou deurmekaar.
As jy nie van pynappel hou kan jy dit vervang met “granny smith” appels.
Lekker as dit darem paar uur gestaan het en selfs lekkerder die volgende dag.
Resep en foto: Wilma Batt