

WILMA SE KOOLSLAAI
350 g kool/wortels in sakkies gekoop en net fyner gekap
260 g broccoli en blomkool saam fyngekap
1 ½ koppies sonneblomsaad
½ koppie rosyne
½ koppie vars pynappel fyn stukkies gekap
1 teelepel suiker
Sout na smaak
Maak sous soos volg:
1 koppie gewone jogurt
½ koppie mayonnaise – tangy soort
1 eetlepel blatjang
Meng sousbestanddele en maak seker sous is nie te soet vir jou nie. As dit is voeg bietjie asyn by.
Meng alless nou deurmekaar.
As jy nie van pynappel hou kan jy dit vervang met “granny smith” appels.
Lekker as dit darem paar uur gestaan het en selfs lekkerder die volgende dag.
Resep en foto: Wilma Batt






