

JESSICA SE LOLLIPOP KOEKIES
Lewer 30 balletjies
200 g botter
250 ml versiersuiker gesif
200 g donker sjokolade
200 g marie beskuitjies fyngemaak
10 ml vanieljegeursel
30 ml water(opsioneel).
Versiersel
150 g donker sjokolade gesmeld
150 g wit sjokolade gesmelt
Om voor te sit, skemerkelkstokkies, kleur strooisels
verhit die botter,versiersuiker en sjokolade in n kastrol tot gesmelt
voeg die beskuitjies, geursel en water (indien gebruik) by roer tot goed gemeng
verwyder van die hitte en vorm balle met jou hand
plaas die balle op bakpapier op n bakplaat
Versiersel
rol die helfte van die balle in die gesmelte donker sjokolade en die ander helfte in die wit sjokolade
druk die stokkies in en sprinkel strooisels oor,plaas in die yskas tot gestol en sit dan voor
Bron en Foto: Jessica Joan Doubell






