GEBOTTELDE CHILLI BELLS
Vanaand Chilli bells ingele. Die wat resep soek.
Gelyke dele asyn en suiker. Gooi in pot roer en kook tot suiker opgelos is.
Pak rou ontpitte chillies in flesse en gooi kokende stroop oor.
Seël dadelik. Wag ‘n maand voor gebruik.
Dit proe net soos peppadews.
BRON – Jacques Gericke
Category Archives: Inmaak & Inlê/Canning
KERRIE-PYNAPPEL
KERRIE-PYNAPPEL
Kook 2 kg uie (nie te fyn nie) vir ‘n half uur.
Dreineer
Voeg nou die volgende bestanddele by:
4 koppies suiker
3 koppies wit asyn
2 teelepels borrie
1 eetlepel sout
2 teelepels kerrie
2 teelepels gemmer Continue reading
MAKATAAN KONFYT EN BLATJANG( jdp )
MAKATAAN KONFYT EN BLATJANG( jdp )
Vir die konfyt
Skil skywe van die makataan dun af, verwyder die pitte en kerf die hele vrug of maal deur 13 mm sif
Weeg dit en voeg 1 kg gerasperde pynappel by vir elke 4 kg makataan. Voeg 500 ml water by die 5 kg vrugte en kook vir 15 minute lank.
Voeg 375 g suiker by vir elke 500 g vrugte. (4 kg makataan + 1 kg pynappel = 5 kg dws. 3.75 kg suiker per 5 kg) Roer tot suiker opgelos is en kook klaar soos vir fyn appelkooskonfyt.
Bottel warm. Continue reading
GEBOTTELDE CROWN CHILLIES


GEBOTTELDE CROWN CHILLIES
Stingels afgesny
In die lengte oop gesny en die meeste pitte uitgehaal.
1koppie suiker
1 koppie water
1 koppie asyn saam gekoop
Hierdie is afhangende hoeveel chillies jy het. Continue reading
TUISEGEMAAKTE PREGO SOUS


TUISEGEMAAKTE PREGO SOUS
20 chilies
10 garlic gloves
2 teelepels peri peri poeier
3 eetlepels chicken spice of barberque spice
1/2 teelepel sout
1/2 koppie olie
1 koppie wit asyn
1/2 green pepper, yellow pepper en red pepper
1 en 1/2 koppie gekookte water
Meng alles saam (chopped very fine in twister), gooi koppie warm water by
Gooi in bottel en laat afkoel voor in yskas geplaas word.
Ek het net 10 chilies gebruik, glo my as jy 20 chilies gebruik is dit HOT
Bron Tina Sauerman
KOOK EN GENIET SE TAMATIEBLATJANG


KOOK EN GENIET SE TAMATIEBLATJANG
Resep geplaas deur Lina Victor
Foto: Johan Coetzee
FOOD LOVERS RECIPES
1 kg tamaties
250 g bruinsuiker
1 koppie asyn
250 g sultanas
1 eetlepel mosterd
1 eetlepel fyn gemmer
1 eetlepel sout
2 uie, in dun skyfies gesny
½ teelepel rooipeper
Skil tamaties en sny fyn. Meng al die bestanddele en kook in ‘n emalje kastrol stadig tot regte dikte. Roer af en toe om te voorkom dat dit aanbrand.
Bottel warm en verseël dit sodat geen metaal met blatjang in aanraking kom maw moenie bottels tot heel bo volmaak nie.
PENNSELVANIESE KWEPERHEUNING
PENNSELVANIESE KWEPERHEUNING
Foto: Johan Coetzee
FOOD LOVERS RECIPES
Skil genoeg kwepers en rasper dit tot teen die klokhuisie( gooi die klokhuisie weg).
Dit moet 750 g gerasperde kwepers wees, meng dit met 15 ml lemoen- of suurlemoensap.
Verhit 1 kg suiker en 250 ml water baie stadig tot die stroop helder is ( suiker moet opgelos wees.)
Vee die suikerkorrels wat teen die kante van die kastol vassit, met ‘n nat kwas af).
Verhit die stroop oor ‘n matige hitte tot kookpunt en voeg die gerasperde kwepers by en prut tot dit 105º C op ‘n suikertermometer registreer.
Roer af en toe en vee suikerkorrels teen die kante van die kastol af.
Bottel die heuningkwepers warm en verseël wanneer dit afgekoel is.
KWEPER HEUNING (kweperheuning)
Skil en rasper die kwepers.
Voeg ¾ pd suiker en ½ koppie water vir elke 1 pd vrugte by.
Kook alles tesame tot die kleur en dikte van heuning. Bottel en seël wanneer koud.
Ben Rautenbach – kweperheuning resep.
Skil 5 groot kwepers en rasper grof tot teen klokhuise of sny klokhuiese uit en maal kwepers.
Voeg 2 kg witsuiker, 500 ml water en ‘n knippie wynsteensuur by gerasperde of gemaalde kwepers en verhit stadig tot kookpunt, roer tot suiker opgelos is.
Kook ongeveer 20 min sonder deksel tot dit die konsitensie van heuning het.
Bottel warm en verseël wanneer koud.
GEPIEKELDE EIERS
GEPIEKELDE EIERS
12 hard gekookte eiers
1 liter witasyn
15 gr gemmerwortel
15 gr mosterdsaad
15 gr wit peperkorrels
2 rissies Continue reading
KWEPERJELLIE



KWEPERJELLIE
Foto’s: Johan Coetzee
3de foto: Petro Borchard
FOOD LOVERS RECIPES
Sny 2 kg kwepers met skil en al in stukke op. Voeg 2.5 liter water en skil en sap van 1 suurlemoen by. Prut die kwepers en kook sowat ‘n uur lank in ‘n toe kastrol tot goed sag.
Suig die pulp deur ‘n jelliesak of dubbele kaasdoek.
Sit die filtraat vir eers opsy en skep die pulp terug in die kastrol.
Voeg 1.25 liter vars water by die pulp, verhit dit tot kookpunt en prut dit ‘n half uur. Suig dit ook deur.
Meng die twee kooksels filtraat en meet die hoeveelheid af.
Voeg by elke 500 ml filtraat 400 g wit suiker.
Verhit dit tot kookpunt en roer dit net aan die begin om die suiker te laat oplos en nie weer daarna nie.
Kook dit vining tot die stroop jel as ‘n klein bietjie in ‘n koue piering getoets word.
Skep die skuim af, bottel in goed voorbereide bottels en verseël die jellie warm.

VERE SE MANGO BLATJANG


VERE SE MANGO BLATJANG
1.5 kg mangos, ontpit en opgesny
sout
2 l water
500 g wit suiker
600 ml wit asyn
125 g dadels, gekap
vars gemmer knoggel
kaneel
1 ui, gekap
125 g rosyne
10 ml rissiepoeier (opsioneel, ek los dit uit)
Ek gooi net alles saam en kook tot die dikte wat ek dit wil hê. Bottel dit warm in voorbereide bottels
Bron: Vere Albertyn







