PENNSELVANIESE KWEPERHEUNING
Foto: Johan Coetzee
FOOD LOVERS RECIPES
Skil genoeg kwepers en rasper dit tot teen die klokhuisie( gooi die klokhuisie weg).
Dit moet 750 g gerasperde kwepers wees, meng dit met 15 ml lemoen- of suurlemoensap.
Verhit 1 kg suiker en 250 ml water baie stadig tot die stroop helder is ( suiker moet opgelos wees.)
Vee die suikerkorrels wat teen die kante van die kastol vassit, met ‘n nat kwas af).
Verhit die stroop oor ‘n matige hitte tot kookpunt en voeg die gerasperde kwepers by en prut tot dit 105º C op ‘n suikertermometer registreer.
Roer af en toe en vee suikerkorrels teen die kante van die kastol af.
Bottel die heuningkwepers warm en verseël wanneer dit afgekoel is.
KWEPER HEUNING (kweperheuning)
Skil en rasper die kwepers.
Voeg ¾ pd suiker en ½ koppie water vir elke 1 pd vrugte by.
Kook alles tesame tot die kleur en dikte van heuning. Bottel en seël wanneer koud.
Ben Rautenbach – kweperheuning resep.
Skil 5 groot kwepers en rasper grof tot teen klokhuise of sny klokhuiese uit en maal kwepers.
Voeg 2 kg witsuiker, 500 ml water en ‘n knippie wynsteensuur by gerasperde of gemaalde kwepers en verhit stadig tot kookpunt, roer tot suiker opgelos is.
Kook ongeveer 20 min sonder deksel tot dit die konsitensie van heuning het.
Bottel warm en verseël wanneer koud.








