

CHARMAINE SE KORSLOSE TUNATERT
50 g (60 ml) botter
100 ml koekmeel
5 ml sout
Knoffel sout
Dille
600 ml melk
2 blikke tuna, gedreineer en gevlok
1 uie gerasper
2 eetlepels kruie Roomkaas
100 g (250 ml) gerasperde Cheddarkaas
2 eiers geklits
Rooipeper
Maak witsous van die botter, meel, sout, knoffelsout, Dille en melk. (Ek maak dit sommer in Mikrogolf deur alles in Mikrogolf bak te plaas en op hoog te mikrogolf vir ongeveel 8 minute maar ek roer dit elke 2 min en hou dop dat dit nie oor kook nie.)
Voeg die res van die bestanddele behalwe die rooipeper by en meng.
Skep in ’n gesmeerde oondbak met ’n volume van 2 liter.
Bak 20-30 min op 180°C
Sit bietjie rooipeper oor. (Opsioneel)
Resep en foto: Charmaine Timmerman







Heerlik Dankie vir n ligte aand ete
My man het dit vir ons vanaand gemaak en dit is heerlik vir n ligte ete