KERRIE-PYNAPPEL
Kook 2 kg uie (nie te fyn nie) vir ‘n half uur.
Dreineer
Voeg nou die volgende bestanddele by:
4 koppies suiker
3 koppies wit asyn
2 teelepels borrie
1 eetlepel sout
2 teelepels kerrie
2 teelepels gemmer
knypie rooi peper
3 groot pynappels
1 ½ opgehoopte eetlepel Maizina
Kook vir 15-20 min tot dik en bottel warm.
Resep: Jeanette Martins
Foto: Annelie Kruger








