MAKATAAN KONFYT EN BLATJANG( jdp )
Vir die konfyt
Skil skywe van die makataan dun af, verwyder die pitte en kerf die hele vrug of maal deur 13 mm sif
Weeg dit en voeg 1 kg gerasperde pynappel by vir elke 4 kg makataan. Voeg 500 ml water by die 5 kg vrugte en kook vir 15 minute lank.
Voeg 375 g suiker by vir elke 500 g vrugte. (4 kg makataan + 1 kg pynappel = 5 kg dws. 3.75 kg suiker per 5 kg) Roer tot suiker opgelos is en kook klaar soos vir fyn appelkooskonfyt.
Bottel warm.
WENK :
Indien die dik wit gedeelte van die makataan gebruik word vir heelstuk konfyt kan die binneste deel gebruik word vir die fyn konfyt.
Vir die Blatjang:
Vir elke 2 liter fyn makataan konfyt:
4 gekapte uie
3 koppies pynappel blokkies
2 koppies asyn
15 ml kerrie
10 ml gemmer
15 ml sout
25 ml gedroogde rissie (kan aangepas word na smaak)
Kook al die bestanddele saam goed deur BEHALWE die konfyt. Verpulp dit. Gooi dan 2 liter konfyt by en kook stadig deur.
Bottel warm.
Foto en resep: Johan du Preez (Snr)








