8 stukkies hoender
1 ui
2 seldery stingels met blare aan
4 wortels
2 aartappels
vars knoffel na smaak
½ teelepel vars gerasperde gemmer
8 takkies vars tiemie (stroop die blare af vir gebruik)
½ koppie jong groen boontjies, fyn gekerf
Braai die hoender stukke in bietjie olie tot dit net begin bruin word, haal uit pot en giet al die olie af in ‘n koppie.
Sit die hoender stukke terug in die pot, voeg 2 koppies kookwater by en stoom tot sag.
Verwyder die hoender en giet die vloeistof deur ‘n sif om seker te maak daar is geen fyn beentjies in nie.
Braai die fyn gesnyde groentes vir so 5 min in bietjie van die olie waarin die hoender gebraai was.
Voeg die vloeistof waarin hoender gestoom was terug by die groente.
Sny die hoender in klein stukkies en voeg by die groente in die pot.
Prut tot die groente sag is en verdik die sop na smaak met bietjie wit uiesop poeier in water (of room) gemeng.
Jy kan die sop met ‘n stick blender fyn maak as dit vir klein kindertjies is.
Elsabie Templeton








