
|
LEMOEN HOENDERGEREG
Resep en foto geplaas deur Charmaine Du Toit Meldrum
FOOD LOVERS RECIPES
12 hoenderporsies, gegeur met sout, peper en hoenderspeserye
Braai in warm olie tot bruin.
Pak in oondskottel en sprinkel ‘n ½ koppie sultanas bo-oor.
Meng die volgende saam:
1 ½ koppie lemoensap
1 koppie blatjang
1 teelepel bisto
Skep die mengsel oor die hoender.
Bedek met foelie of deksel en bak vir 1 uur teen 180ºC.
Verwyder die deksel en bak nog 30-45 min.
Bedien met rys en mengelslaai.








