BESTANDELE
16 hoenderdye en ‘boudjies
sout en varsgemaalde swartpeper
10 ml paprika
7.5 ml fyn koljander
7.5 ml fyn komyn
½ ml kaneel
5 ml gedroogde tiemie
10 ml bruinsuiker
30 ml olyfolie
16 hoenderdye en ‘boudjies
sout en varsgemaalde swartpeper
10 ml paprika
7.5 ml fyn koljander
7.5 ml fyn komyn
½ ml kaneel
5 ml gedroogde tiemie
10 ml bruinsuiker
30 ml olyfolie
Metode:
Meng die speserye, tiemie en bruinsuiker met die olyfolie.
Besprinkel die hoender mildelik met sout en swartpeper. Gooi die spesery-oliemengsel oor en meng goed deur sodat al die hoender met die mengsel bedek is.
Laat dit minstens ‘n halfuur alleen om te marineer, dit kan egter oornag ook marineer.
Dan kan jy dit buite op die vuur braai, of bak dit in die oond teen ‘n hoë temperatuur (200 – 220 °C) vir ‘n uur, afhangend van die grootte en dikte daarvan.