LEMOEN HOENDERGEREG

Lemoen Hoendergeregtested|
LEMOEN HOENDERGEREG
Resep en foto geplaas deur Charmaine Du Toit Meldrum
FOOD LOVERS RECIPES
12 hoenderporsies, gegeur met sout, peper en hoenderspeserye
Braai in warm olie tot bruin.
Pak in oondskottel en sprinkel ‘n ½ koppie sultanas bo-oor.
Meng die volgende saam:
1 ½ koppie lemoensap
1 koppie blatjang
1 teelepel bisto

Skep die mengsel oor die hoender.
Bedek met foelie of deksel en bak vir 1 uur teen 180ºC.
Verwyder die deksel en bak nog 30-45 min.
Bedien met rys en mengelslaai.

 




ANDRE SE HOENDERKERRIE

ANDRE SE HOENDERKERRIE
Resep:  Lorraine Weitz Brand
FOOD LOVERS RECIPES
(vir 12 vlerkies/boudjies) – of vleis van jou keuse
2-3 eetlepels sterk kerriepoeier (R***h Hot)
1 teelepel knoffel
2 groot uie gekap
1 teelepel borrie
½ teelepel rooipeper (pas aan na smaak)
1 blikkie tamatiepasta
½ teelepel fyn komyn (Jirrah) (engels – cumin)
sout en peper
½ teelepel fyn gemmer

Verhit olie in pot. Braai uie tot bruin. Voeg alles behalwe tamatiepasta by en braai STADIG saam met uie vir ± 2 minute. Moenie laat brand nie, anders raak mengsel bitter. Voeg klein bietjies water by indien dit droogbraai.
Sit die vlerkies by en voeg ± 250-500 ml water by en laat prut tot vlerkies sag is. Sit paar aartappels en tamatiepasta by en kook verder tot sag. Bedien op rys met tamatie-salsa, blatjang, klapper en piesangskywe. Of ons gunsteling is deesdae plein joghurt met fyn gesnipperde vars mint.
To die for!!



MOROKAANSE HOENDERGEREG

marokaanse hoender
MOROKAANSE HOENDERGEREG

BESTANDELE
16 hoenderdye en ‘boudjies
sout en varsgemaalde swartpeper
10 ml paprika
7.5 ml fyn koljander
7.5 ml fyn komyn
½ ml kaneel
5 ml gedroogde tiemie
10 ml bruinsuiker
30 ml olyfolie

Metode:
Meng die speserye, tiemie en bruinsuiker met die olyfolie.
Besprinkel die hoender mildelik met sout en swartpeper. Gooi die spesery-oliemengsel oor en meng goed deur sodat al die hoender met die mengsel bedek is.
Laat dit minstens ‘n halfuur alleen om te marineer, dit kan egter oornag ook marineer.
Dan kan jy dit buite op die vuur braai, of bak dit in die oond teen ‘n hoë temperatuur (200 – 220 °C) vir ‘n uur, afhangend van die grootte en dikte daarvan.



BOURBON CHICKEN

tested

BOURBON CHICKEN
4 chicken breasts
½ cup soy sauce
½ cup brown sugar
½ tsp garlic powder
1 teaspoon ground ginger
2 tablespoons onion flakes
½ cup Bourbon
Mix all of the marinade ingredients together in a large bowl, then add the chicken pieces,
stirring well until the chicken is completely coated.
Cover the bowl and place in the fridge to marinate overnight.
To cook, heat the oven to 325 º F (160 ºC), and bake the chicken in an
oven dish for 90 minutes (or until well browned and cooked through completely), basting frequently.
Delicious served with noodles or rice.




GEBAKTE BROCCOLI-HOENDER

2015-06-25-gebaktebroccoli-hoendertested

GEBAKTE BROCCOLI-HOENDER
1 klaar gaar hoender gepluis en vel verwyder of 4 ontbeende hoender borsies klaar gaar gemaak en opgesny
250 g broccoli
15 ml (1 eetleepel) olyfolie
250 g sampioene, gehalveer
sout en vars gemaalde swartpeper
Sous:
1 blik (415 g) sampioenroomsop
125 ml (½ koppie) mayonnaise
15 ml (1 eetlepel) kerriepoeier
sout en vars gemaalde peper
125 ml (½ koppie) cheddarkaas, gerasper

Voorverhit die oond tot 180ºC.
Stoom die broccoli tot net gaar en hou eenkant.
Verhit die olyfolie in ‘n pan en braai die sampioene tot gaar. Geur met sout en peper. Verwyder die pan van die hitte en roer die broccoli, sampioene en hoender bymekaar.
SOUS
Meng die sampioensop, mayonnaise en kerriepoeier saam. Geur met sout en peper.
Sit die hoendermengsel in ‘n groot oondbak en giet die sous oor.
Sprinkel die kaas oor en bak 15-20 minute tot goudbruin en gaar
PHOTO: Lisinda Blaauw
NOTE: I used one pkt brown onion soup with 700 ml milk instead of the mushroom soup.




HOENDERGEREG MET SIMBA

HOENDERGEREG MET SIMBA
500 g ontbeende hoender
1 koppie rys
1 pakkie hoenderroom soppoeier
150 g Cheese and Onion / Chutney Simba chips
125 ml Mayonaisse

Kook hoender tot sag en gaar (hou die water).
Maak hoender fyn.
Kook rys in die water van die hoender (hou enige oortollige water).
Meng soppoeier met oortollige water, en voeg water by tot 750 ml water.
Maak chips baie fyn.
Meng alles saam en skep in ‘n gesmeerde, oondvaste bak.
Bak oop vir 30 minute teen 180ºC.
Genoeg vir omtrent 5 mense.
Resep: Marie Rheeder Troskie



FEESTELIKE HOENDER

hoender - gewatermerktested

FEESTELIKE HOENDER
Resep en foto:   Rina Kleinhans
FOOD LOVERS RECIPES
8 hoenderporsies skoongemaak
Meng saam:
sout en peper
80 – 100 ml koekmeel (hang af hoe groot jou hoenderporsies is)
5 ml kerriepoeier
2 ml borrie
Braai saam:
1 ui, fyngekap
2 knoffel vingertjies, opgekap
1 groen soetrissie, opgekap na smaak
50 ml olie
Sous:
125 ml blatjang of sweet chilli sous
125 ml tamatiesous
30 ml worcestersous
150 ml water
OPSIONEEL: fyn naeltjies, pietersielie en 125 ml sultanas
olie vir diep braai

Voorverhit die oond tot 180°C. Spuit ‘n groot oondbak met kleefwerende middel.
Meng die volgende saam in ‘n plastieksak: koekmeel, kerrie, borrie, sout en peper en die opsionele speserye indien verkies.
Plaas die hoenderporsies een, een in die sakkie en skud goed totdat die hoender goed bedek is. Braai in verhitte olie tot bruin. Rangskik in oondbak.
Sprinkel die res van die meelmengsel in die sakkie egalig oor die hoender.
Soteer die uie, knoffel en groen soetrissie in die olie tot sag.
Voeg die res van die sousbestanddele by en meng goed.
Giet oor die hoender, bedek met tinfoelie en bak vir 1 uur of tot sag en gaar.
Verwyder die foelie en bak ‘n verder 10 min tot lekker bruin.
Bedien met rys en slaai.

 




HOENDER PASTAGEREG

hoenderpaste gereg Diane
HOENDER PASTAGEREG
Resep en foto:  Diane Roode Hancox
FOOD LOVERS RECIPES
1 heel hoender in water met sout en hoender ekstrak gekook tot sag, hou water eenkant (Genoeg water)
1 pak elbow macaroni (Ek gebruik altyd elbow)
Braai saam:
2 soetrissies, gekap
3 groot uie, gekap
2 pakke sampioene, gesny
2 pakke spek, gesnipper
2 tamaties, fyngemaak
crushed garlic, sommer baie

Kook die macaroni sag, dreineer en hou eenkant.
Voeg by gebraaide mengsel 1 pakkie sampioensoppoeier en vloeistof (ten minste 3 koppies) waarin hoender gekook is en kook deur.
Sny die hoender in blokkies en skep dit saam met die paste in die oondskottel.
Voeg 2 teelepels Robertsons kruie by en roer deur.
Skep die gebraaide mengsel bo-oor en roer deur.
Giet 250 ml Ultraroom oor.
Sprinkel dik laag gerasperde kaas bo-oor.
Bak ¾ uur teen 180°C in die oond.




LEKKER MAKLIKE HOENDER

MAKLIKE HOENDER

LEKKER MAKLIKE HOENDER
9-12 hoenderporsies
1 koppie mayonnaise
1 koppie blatjang
1 pakkie bruin uie soppoeier
300ml water

Voorverhit oond op 160ºC.
Meng die mayonnaise, blatjang en uie soppoeier goed bymekaar.
Gooi die mengsel oor die hoenderstukke en bak in ‘n toe skottel op 160ºc vir 1 uur.
Verwyder deksel en verbruin.
Resep en foto: Joey Krüger




BACON KIP HOENDERPASTEI

tested
BACON KIP HOENDERPASTEI
1 kg hoender
250 ml mayonnaise
250 ml gaar rys
2 hardgekoote eiers
1 pakkie roomsampioensop
1 pakkie hoenderroomsop
1 pak tamatie chips of bacon kips

Kook die hoender sag in baie water, moenie sout opgooi nie.
Maak fyn en haal al die beentjies uit.
Maak die soppoeier aan met die sous van die hoender en voeg water by totdat dit 850 ml is.
Meng alles saam en gooi in oond bak. Bak vir 30min by 180°C.
Maak chips of bacon kips fyn, gooi bo-oor en bak weer vir 30min.
Bedien saam met lekker vars slaai.
*Vriendin – Rina Kleinhans