FEESTELIKE HOENDER
Resep en foto: Rina Kleinhans
FOOD LOVERS RECIPES
8 hoenderporsies skoongemaak
Meng saam:
sout en peper
80 – 100 ml koekmeel (hang af hoe groot jou hoenderporsies is)
5 ml kerriepoeier
2 ml borrie
Braai saam:
1 ui, fyngekap
2 knoffel vingertjies, opgekap
1 groen soetrissie, opgekap na smaak
50 ml olie
Sous:
125 ml blatjang of sweet chilli sous
125 ml tamatiesous
30 ml worcestersous
150 ml water
OPSIONEEL: fyn naeltjies, pietersielie en 125 ml sultanas
olie vir diep braai
Voorverhit die oond tot 180°C. Spuit ‘n groot oondbak met kleefwerende middel.
Meng die volgende saam in ‘n plastieksak: koekmeel, kerrie, borrie, sout en peper en die opsionele speserye indien verkies.
Plaas die hoenderporsies een, een in die sakkie en skud goed totdat die hoender goed bedek is. Braai in verhitte olie tot bruin. Rangskik in oondbak.
Sprinkel die res van die meelmengsel in die sakkie egalig oor die hoender.
Soteer die uie, knoffel en groen soetrissie in die olie tot sag.
Voeg die res van die sousbestanddele by en meng goed.
Giet oor die hoender, bedek met tinfoelie en bak vir 1 uur of tot sag en gaar.
Verwyder die foelie en bak ‘n verder 10 min tot lekker bruin.
Bedien met rys en slaai.








