

MIELIEPAP OP VYF MANIERE
“Shirley Boshoff het ‘n oulike papresep opgesit vir die wat nie kan pap maak nie. Briljante idee, ongelukkig was dit net ‘n foto. Hier is dit uitgetik maar met aanpassings soos ek in my kombuis maak. Ma Annatjie se kombuis – dis waar ek leer pap maak het!”
Vinnige mikrogolf stywe pap:
2 koppies mieliemeel
30 ml botter
4 koppies (1liter) warm water
5 ml sout
Roer al die bestanddele in ‘n mikrogolfvaste bak, niktogolf in mikrogolfoond vir 12 minute op hoog, roer elke twee minute met vurk. Roer meer botter in, na smaak. Kan langer in mikrogolf gesit word indien die smaak nog rou is, in een minuut sarsies. Continue reading





