

HERTZOGGIES IN ‘N PAN
Resep geplaas deur Amanda Hopkins
FOOD LOVERS RECIPES
Deeg:
125 g botter
160 g (190 ml) strooisuiker
3 eiergele
300 g (535 ml) bruismeel
30 ml yswater
Vulsel:
200 g appelkooskonfyt
Bolaag:
3 eierwitte
50 g (60 ml) strooisuiker
160 g klapper
Verhit oond tot 180 °C.
Verroom die botter en strooisuiker met ‘n elektriese menger tot lig en romerig.
Voeg die eiergele by en meng goed.
Voeg meel en yswater by en meng tot ‘n sagte koekiedeeg vorm.
Druk die deeg in ‘n voorbereide pan van 30 x 20 cm vas op die bodem.
Smeer die appelkooskonfyt oor die deeg.
Klits die eierwitte tot sagte punte vorm en voeg die strooisuiker bietjies-bietjies by, hou aan klits tot stywe punte vorm.
Vou die klapper by die eierwitmengsel in en smeer die mengsel oor die konfyt.
Bak vir 15 – 20 minute of tot goudbruin.
Laat afkoel en sny in 3 cm-blokkies.






