Ek het pynappel, suurlemoene, lemoene, nartjies – sommer alles wat ek in hande kon kry – gebruik!
Prepare fruit.
Cut pineapple, apricots and watermelon rind into small pieces; chop cherries in half; remove white pith from lemon, orange or grapefruit peel and cut into strips or small pieces. Depending on your finished use you may also simply cut your fruit into 1/4 inch (aprox.) slices. Continue reading
Author Archives: Linda Venter
Cheezas
1 Rogbroodjie
125ml mayonaise
250ml cheddar kaas gerasper
250ml mozerella kaas gerasper
10 ml origanum Continue reading
LUI BRAN MUFFINS


LUI BRAN MUFFINS
My lui bran muffins – een pakkie Snowflake muffin mix, en dan die olie, melk en eier daarby gemeng.
Ek gooi dan rosyntjies en muesli by wat stukkies vrugte, neute en ‘oats’ in het, meng dit en in die muffin pannetjies en oond toe vir 20 minute!!
Die hoeveelheid melk en olie is agterop die pakkie aangedui. 180 grade Celsius vir so 20 minute
Resep en Foto: Jeanne Blignaut
HOENDER CORDON BLEU


HOENDER CORDON BLEU
4 Hoender borsies (sonder vel en been)
8 Repies parma ham
4 Teelepels basielie pesto
4 Eetlepel knoffel gegeurde roomkaas
Sout en peper
Foelie om hoender borsies mee toe te draai Continue reading
MIELIESLAAI MET AVOKADOSOUS
MIELIESLAAI MET AVOKADOSOUS
500 ml bevrore pitmielies
1 rooi soetrissie
1 groen soetrissie
3 sprietuie
2 selderystingels
1 ryp avokado
60 ml suurroom
125 ml suurlemoensap
2 ml rissiepoeier Continue reading
PAPAJAKONFYT
PAPAJAKONFYT
Halveer papaja, haal pitte uit en sny in blokkies op. Weeg die hoeveelheid papaja af en weeg ‘n gelyke hoeveelhede wit suiker af.
Plaas die papaja en suiker in lae in ‘n swaarboonkastrol en laat dit oornag staan om stroop te vorm. Voeg die volgende oggend 175 ml suurlemoensap en die fyngerasperde skil van 1 suurlemoen vir elke 1 kg suiker wat gebruik is, by. Continue reading
BENHET SE BLOODY MARY


BENHET SE BLOODY MARY
Ok ek het my bloody mary gemaak.
Eie tamatiesap gemaak uit kook en geniet (tx Elna).
Maak tamaties skoon en sny in helftes.
Bring tot kookpunt en kook 5 min.
Druk deur sif met houtlepel (ek het myne sommer in die voedsel verwerker gesit)
Versap.
Voeg op elke 2 koppies tamatiesap, 1 teelepel suiker en ‘n halwe teelepel sout by.
Bere in skoon bottel tot benodig.
Toe vat ek 1 koppie ys en crush dit en gooi 1 koppie tamatiesap by nog bietjie ys en 1 tot rum, sout en peper en Worcestersous.
Cheerz!!!!
BRON – Benhet Nieuwenhuis
HEERLIKE GROENSLAAI
HEERLIKE GROENSLAAI
My dogter Ezelda se heerlike groenslaai wat sy vir ons gemaak het. Daar is nie ‘n resep nie maar dit is wat sy gebruik het.
Baba spinasie
roket blare
botterslaai
vars jong groenbone en aspersies wat sy net geblansjeer het en toe in riffelpan gerooster het
Baba murgpampoentjies in ringetjies (vars)
geblikte artichoke harte in stukkies
Neute en sade (pampoenpitte, sonneblom en sesemesaad)
Parmesaan skaafsels en ‘n handvol (cranberries) dit is die bietjie rooi daarin. Slaaisous van balsemiek asyn en olyfolie.
BRON – Martie Fourie Moolman
IDEES HOE OM SPINASIE TE KOOK


IDEES HOE OM SPINASIE TE KOOK
Du Plessis Hall Liefie – Ek het ‘n vragie oor SPINASIE!! Iemand het vir my gesê dat indien jy spinasie nat kook is dit bitter. Kan julle my se WAT IS DIE REGTE MANIER van spinasie kook. Dankie
Adam Cloete – Du Plessis Hall Liefie, ek het spinasie al op baie maniere gekook en en het nog nooit bitter spinasie ge-eet nie. Die metode wat meeste mense gebruik is om die spinasieblare af te spoel, en dan net met die nattigheid wat aan die blare is te kook. Roer gereeld en kook net tot al die blare goed verwelk het. Ander metode wat ek al gesien en gebruik het is om die blare vir ‘n paar minute in reeds kokende gesoute water te dompel. Continue reading
KONDENSMELK-TIRAMISU


KONDENSMELK-TIRAMISU
Genoeg vir 6 mense
1 blikkie (385 g) kondensmelk
2 kondensmelkblikkies, met melk gevul
3 eiergele
30 ml (2 eetlepels) mielieblom
150 g donker sjokolade, in stukkies gebreek
250 ml (1 koppie) ekstra melk
1 groot pak (200 g) sponsvingerbeskuitjies
250 ml (1 koppie) vars room, verkoel en styf geklits
1 Flake-sjokolade, gekrummel Continue reading






