HOW TO SUGAR COAT FRUIT

How to sugar coat fruittested
HOW TO SUGAR COAT FRUIT

Ek het pynappel, suurlemoene, lemoene, nartjies – sommer alles wat ek in hande kon kry – gebruik!
Prepare fruit.
Cut pineapple, apricots and watermelon rind into small pieces; chop cherries in half; remove white pith from lemon, orange or grapefruit peel and cut into strips or small pieces. Depending on your finished use you may also simply cut your fruit into 1/4 inch (aprox.) slices.

Combine 1 cup sugar, 1 cup honey and 1-1/2 cups water in heavy saucepan.
Boil over medium heat and cook, stirring constantly,until mixture reaches 235 ºF on candy thermometer.

Thread Stage
230° F–235° F
sugar concentration: 80%

At this relatively low temperature, there is still a lot of water left
in the syrup. When you drop a little of this syrup into cold water to
cool, it forms a liquid thread that will not ball up.
Cooking sugar syrup to this stage gives you not candy, but syrup—something you might make to pour over ice cream.

Drop small amount of fruit into liquid.
Cook on low heat 20-30 minutes until the fruit or rind is transparent.
Drain and repeat with rest of fruit in the same syrup.

Cool fruit and store in airtight container. Your fruit can also be rolled in granulated sugar after it is cooled, to give it a nice frosty coating and to help keep the bits separate.

NOTE:
When you are done making your candied fruit, you will have a very tasty syrup that can be used to sweeten drinks, or pour over ice cream… or whatever you can dream up. It might even be good as a glaze on a bundt cake! Be sure you taste it before storing it. If you like it, keep it. If you don’t, well then toss it out.
Resep ingestuur deur Carol Visser
Foto: Carol Visser




Cheezas

 

Cheezastested

1 Rogbroodjie
125ml mayonaise
250ml cheddar kaas gerasper
250ml mozerella kaas gerasper
10 ml origanum

Sny broodjie in 1cm snye. Smeer met mayonaise. Strooi bietjie van elke soort gerasperde kaas oor brood snye. Besprinkel met knypie origanum oor elk. En bak in oond vir 10 min of totdat kaas gesmelt het by 180°C. Bedien warm.
BRON – Elsabé Mulder Barnard‎

Shirley Frauendorf – Ek meng sommer die kaas en mayo voor ek dit opsny. Bietjie fyn uie by is ook baie lekker




LUI BRAN MUFFINS

lui bran muffinstested
LUI BRAN MUFFINS

My lui bran muffins – een pakkie Snowflake muffin mix, en dan die olie, melk en eier daarby gemeng.

Ek gooi dan rosyntjies en muesli by wat stukkies vrugte, neute en ‘oats’ in het, meng dit en in die muffin pannetjies en oond toe vir 20 minute!!

Die hoeveelheid melk en olie is agterop die pakkie aangedui. 180 grade Celsius vir so 20 minute

Resep en Foto: Jeanne Blignaut




HOENDER CORDON BLEU

Gordon Bleu
HOENDER CORDON BLEU
4 Hoender borsies (sonder vel en been)
8 Repies parma ham
4 Teelepels basielie pesto
4 Eetlepel knoffel gegeurde roomkaas
Sout en peper
Foelie om hoender borsies mee toe te draai

Verhit die oond op 180ºC
Vlinder die hoender borsies, en met die gebruik van ‘n vleishammer verdun die hoender borsies.
Smeer die pesto, en maaskaas eweredig oor die hoender.
Vou eers die onderpunt van die hoenderborsie na binne, en rol die hoender borsie toe in die vorm van ‘n sylinder.
Draai elke hoender borsie toe met twee repies parma ham. Vou dan individueel toe in foelie sodat dit sy form hou.
Bak in oond vir 30 minute. Verwyder foelie, en sny in skywe, om die binnekant te vertoon.
Kan bedien word met cous cous, en groente van jou keuse




MIELIESLAAI MET AVOKADOSOUS

Mielieslaai met avokadosoustested

MIELIESLAAI MET AVOKADOSOUS
500 ml bevrore pitmielies
1 rooi soetrissie
1 groen soetrissie
3 sprietuie
2 selderystingels
1 ryp avokado
60 ml suurroom
125 ml suurlemoensap
2 ml rissiepoeier

Kook mielies 2 minute in soutwater. Dreineer en verfris in koue water. Dreineer goed. Ontpit soetrissies en sny in blokkies. Sny die sprietuie en selderystingels en meng met mielies en soetrissie. Skil die avokado en druk fyn. Voeg die suurroom, suurlemoensap en rissiepoeier by. Meng sous deeglik met slaai. Lewer 4-6 porsies.
BRON – Elsabé Mulder Barnard‎




PAPAJAKONFYT

papaja konfyttested

PAPAJAKONFYT
Halveer papaja, haal pitte uit en sny in blokkies op. Weeg die hoeveelheid papaja af en weeg ‘n gelyke hoeveelhede wit suiker af.
Plaas die papaja en suiker in lae in ‘n swaarboonkastrol en laat dit oornag staan om stroop te vorm. Voeg die volgende oggend 175 ml suurlemoensap en die fyngerasperde skil van 1 suurlemoen vir elke 1 kg suiker wat gebruik is, by.
Verhit die mengsel stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat al die suiker opgelos is. Kook dit oor matige hitte en roer dit af en toe, maar roer dit gedurig wanneer die konfyt begin dik word. Kook die konfyt totdat dit dik en deurskynend lyk. Bottel dit warm en verseel dit dadelik.
FOTO – Elsabé Mulder Barnard

Tinkie Theron – Ek gebruik grasgroen papajas, dan kook ek stukke daarmee soos makitaan. Dis heerlik.




BENHET SE BLOODY MARY

bladdy merrytested
BENHET SE BLOODY MARY
Ok ek het my bloody mary gemaak.
Eie tamatiesap gemaak uit kook en geniet (tx Elna).
Maak tamaties skoon en sny in helftes.
Bring tot kookpunt en kook 5 min.
Druk deur sif met houtlepel (ek het myne sommer in die voedsel verwerker gesit)
Versap.
Voeg op elke 2 koppies tamatiesap, 1 teelepel suiker en ‘n halwe teelepel sout by.
Bere in skoon bottel tot benodig.
Toe vat ek 1 koppie ys en crush dit en gooi 1 koppie tamatiesap by nog bietjie ys en 1 tot rum, sout en peper en Worcestersous.
Cheerz!!!!
BRON – Benhet Nieuwenhuis‎




HEERLIKE GROENSLAAI

heerlike groenslaaitested

HEERLIKE GROENSLAAI
My dogter Ezelda se heerlike groenslaai wat sy vir ons gemaak het. Daar is nie ‘n resep nie maar dit is wat sy gebruik het.

Baba spinasie
roket blare
botterslaai
vars jong groenbone en aspersies wat sy net geblansjeer het en toe in riffelpan gerooster het
Baba murgpampoentjies in ringetjies (vars)
geblikte artichoke harte in stukkies
Neute en sade (pampoenpitte, sonneblom en sesemesaad)
Parmesaan skaafsels en ‘n handvol (cranberries) dit is die bietjie rooi daarin. Slaaisous van balsemiek asyn en olyfolie.
BRON – Martie Fourie Moolman




IDEES HOE OM SPINASIE TE KOOK

IDEES HOE OM SPINASIE TE KOOK
Du Plessis Hall Liefie – Ek het ‘n vragie oor SPINASIE!! Iemand het vir my gesê dat indien jy spinasie nat kook is dit bitter. Kan julle my se WAT IS DIE REGTE MANIER van spinasie kook. Dankie

Adam Cloete – Du Plessis Hall Liefie, ek het spinasie al op baie maniere gekook en en het nog nooit bitter spinasie ge-eet nie. Die metode wat meeste mense gebruik is om die spinasieblare af te spoel, en dan net met die nattigheid wat aan die blare is te kook. Roer gereeld en kook net tot al die blare goed verwelk het. Ander metode wat ek al gesien en gebruik het is om die blare vir ‘n paar minute in reeds kokende gesoute water te dompel.

Val Ashbury – Ek doen dieselfde as Adam Cloete ..1 ste metode en nooit bitter gehad nie. Ek braai soms ui so effens en voeg dan bietjie bacon by nadat dit so rukkie gebraai skeep ek uit, gooi olie/vet af en sit dan gesnyde aartappel in – sodra dit gaar is sit ek my gespoelde spinasie by en ui/bacon. Laat net lekker vewelk en roer deur.

Lezette Taljaard – Ek stoom myne – tenmiste behou jy al die vitamines. (So sê hulle)

Nellie De Kock – Kook dit enige metode, maar as jy die sout en peper oorstrooi gooi n halwe teelepeltjie suiker by! Selfs met groenboontjies, die smaak verbeter so.

Quinette du Toit – Ek maak myne ook gaar soos Adam. Die bitter gedeelte is die dik wit “stam” vd blaar. Sny dit uit en jou spinasie sal nooit bitter wees nie

Marieta Matthews – My ma se werkster het altyd bietjie olie of botter by gesit as dit klaar gestoom was. Sy’t gesê dis bitter daar sonder.

Hannie Ackermann Engelbrecht – Sny die stingel uit, kook rukkie, gooi water af, sit aartappel en uie, sout en peper. Gooi bietjie melk in en kook tot aartapoel gaar. Soos ouma dit gekook het

Eloise Potgieter – Stirfry die spinasie. Baie lekker.

Marie Rheeder Troskie – spoel goed af kook en spoel weer af ek gooi ook bietjie room en n kaassous daarby

Bettie Oosthuizen Harmse – Ek kook die spinasie direk in 250 ml room. As verwelk verdik room met pasta van gemaak van mielieblom, koekmeel en melk. Skakel plaat af en krummel fetakaas .sout en peper na smaak i Lekker verby!

Maureen Meyer – Ek gooi so ‘n teelepeltjie asyn in, dit vat die wilde smaak van spinasie weg.

Anthony Raymond – Stirfry dit met beetblare uie en peppers knoffel of bak dit saam macaroni en kaas

Mariette van der Merwe – ek kook 5min, spoel af, kook weer, en spoel weer!

Celia Cronje – Ek sit dit net so in die pot nadat ek dit goed gespoel het met aartappel en uie. Geen water. Maak sy eie water

Ansi Fourie Pypers Fourie – EK SPOEL MYNE GOED AF, VOOR EK KOOK, kook nat, was nog nooit bitter nie.

Joretha Schoeman – Spoel blare af en sny dan die dik wit stingel en die dikste wit are uit. Gooi kookwater op en laat staan vir so 2 min en dreineer. Kook met aartappels en uie in ‘n mengsel van melk en water of net melk. Die wit are gee die bitter smaak. Ek gebruik melk om myne te kook en dit het ‘n heerlike smaak.

Tinkie Theron – Ek sny net die stingel af as dit baie groot blare is en lank is. Ek kook die stingel saam, dis heerlik.Water dit een keer af, gooi skoon water op, sny aartappel en uie by. Kook sag-sout peper en botter. Ken nie bitter spinasie nie. Ook heerlik gebraai saam met uie en tamatie in die pan.

Jaqueline Wright  – Ek spoel my spenasie so 4 keer af in die kook proses voor ek my uie en aartappels by sit en as dit sag is spoel ek dit weer af in n vergietes sit botter sout en peper by mash dit soos jy groenbone sal maak

Rina Kleinhans
Ek braai my uie en sampioene saam, dan gooi ek meel oor tot ek ‘n stywe dik sous het, dan gooi ek bietjie bietjie melk by tot ek ‘n lekker dik wit/sampioensous het, dan gooi ek my gekerfte geblansjeerde spinasie by en laat net deur kook, gooi bietjie neutmuskaat by en proe vir die sout en voila… heerlike spinasie.. ek blanjeer die spinasie deur kookwater oor dit te gooi dat dit verwelk en dan dadelik in yswater… dan bly dit pragtig groen in jou gereg
Nota:  jy kan feta grof in breek aan die einde, en net deurroer

Mariska Drotskie Du Plessis
Ek stoom myne in mikrogolf dan braai ek ‘n ui en gooi spinasie by dan “n blikkie tamatie relish baie peper en sout en laat prut tot nie meer waterig nie dan gooi ek hele homp botter in en braai. Kinders mal daaroor en wil nie op ander manier eet nie. Jy sal nie glo nie maar heerlik op botterbroodjie die volgende dag *as daar oorgebly het natuurlik

Andri du Toit
Maak spinasie gaar en druk water uit. Meng n houertjie suurroom met n pakkie wituiesoppoeier n teel mosterdpoeier en koppie gerasperde kaas. Smeer oor blaardeeg en rol op. Verf met eier en bak. Ek versier altyd rol met uitgedrukte prentjies.

Annelie Janzen
Ek maak spinasie gaar, hou eenkant, braai ui en bacon tot gaar meng met spinasie sodra uie en bacon gebraai is,skep op deeg,strooi kaas oor,maak toe met deeg en smeer deeg met geklitste eier en bak in oond tot deeg ligbruin en gaar is wala heerlik!!!

 




KONDENSMELK-TIRAMISU

tiramisu elizetested
KONDENSMELK-TIRAMISU
Genoeg vir 6 mense
1 blikkie (385 g) kondensmelk
2 kondensmelkblikkies, met melk gevul
3 eiergele
30 ml (2 eetlepels) mielieblom
150 g donker sjokolade, in stukkies gebreek
250 ml (1 koppie) ekstra melk
1 groot pak (200 g) sponsvingerbeskuitjies
250 ml (1 koppie) vars room, verkoel en styf geklits
1 Flake-sjokolade, gekrummel

Meng die kondensmelk, melk, eiergele en mielieblom saam in ’n kastrol, verhit en roer tot die mengsel kook en verdik. Hou eenkant.
Smelt die sjokolade en 250 ml ekstra melk in ’n glasbak oor kookwater of 1-2 minute in die mikrogolfoond. Roer gereeld.
Skep ’n lagie kondensmelkmengsel in 6-8 poedinglasies of in een groot glasbak.
Doop ’n paar vingerbeskuitjies in die sjokolademengsel en pak bo-op die kondensmelkmengsel.
Herhaal die lae en rond af met room. Verkoel sowat 1 uur of tot stewig. Krummel die Flake net voor opdiening oor.

Foto:  Elize de Kock