

HOENDER CORDON BLEU
4 Hoender borsies (sonder vel en been)
8 Repies parma ham
4 Teelepels basielie pesto
4 Eetlepel knoffel gegeurde roomkaas
Sout en peper
Foelie om hoender borsies mee toe te draai
Verhit die oond op 180ºC
Vlinder die hoender borsies, en met die gebruik van ‘n vleishammer verdun die hoender borsies.
Smeer die pesto, en maaskaas eweredig oor die hoender.
Vou eers die onderpunt van die hoenderborsie na binne, en rol die hoender borsie toe in die vorm van ‘n sylinder.
Draai elke hoender borsie toe met twee repies parma ham. Vou dan individueel toe in foelie sodat dit sy form hou.
Bak in oond vir 30 minute. Verwyder foelie, en sny in skywe, om die binnekant te vertoon.
Kan bedien word met cous cous, en groente van jou keuse






