

BASIESE QUICHE MET VULSEL VAN JOU KEUSE
Hierdie resep maak ek baie.
Mens kan enigiets inmeng. Baie maklik. Van my gunsteling om in te sit, is gebraaide murgpapmoentjies en spek of botterskorsie, feta en bietjie bloukaas. Ek het ook al einde van die maand sommer net gemengde groente en viennas gebruik. Steeds baie lekker.
Meng die volgende saam:
2 eiers(geklits)
50 ml koekmeel
1 ¼ koppie melk
5 ml mosterd
2 koppies Cheddarkaas
sout en peper na smaak
Maak nou ‘n mengsel van dit waarvan julle hou, enige gaar groente of kouevleise.
Meng alles saam met die eiermengsel. Skep in ‘n voorbereide oondbak.
Bak teen 170ºC vir 45min of tot gestol.
Resep: Carien Louw le Roux
Author Archives: Anton Fourie
PETRE SE MIKROGOLF VYEKONFYT


PETRE SE MIKROGOLF VYEKONFYT
1.5 kg vye geskil en in stukke gesny
900 g suiker
3 heel naeltjies
‘n goeie spuit suurlemoensap
Neem n diep oondvaste bak…. gooi vye, suiker, naeltjies en suurlemoensap daarin… roer goed…. smeer rand van bak met botter…mikrogolf op hoog vir 5 minute…. haal uit en roer goed deur totdat al die suiker opgelos is…. mikrogolf dan verder op hoog vir 25 minute.. Haal uit…. roer deur en bottel dadelik…
Resep en foto: Petré Van Jaarsveld
VERSUIKERDE LEMOENSKYWE


VERSUIKERDE LEMOENSKYWE
1 kg dikskil-lemoene wat nie met was bedek is nie (organies)
600 g suiker
Koue water
Sny die lemoene in dun skywe.
Pak dit in lae in ‘n swaarboompan en besprkinkel elke laag met ‘n bietjie van die suiker.
Bedek met koue water. Sit ‘n sirkelgesnyde stuk foelie of waspaper bo-op om verdamping te voorkom.
Prut, met die deksel op, vir 2 ure totdat die skywe sag is en die vloeistof ‘n stroperige tekstuur het (maak 500 ml)
Bron: Leanne Faddel
GILLIAN SE MAKLIKE VETKOEK


GILLIAN SE MAKLIKE VETKOEK
1 pakkie self raising flour (500g)
1 koppie amazi
Bietjie sout
ongeveer Kwart koppie of minder olie
Meng alles saam
Breek in Palm grootte. Rol plat uit
Sit genoeg olie in ‘n pot op die stoof dat vetkoek kan dryf, maak warm. Toets met klein stukkie deeg, as jy dit in die olie gooi moet dit dadelik opkom. Moenie die olie te warm of koud maak nie.
Plaas in olie – blaas op in olie as jy afbak…. bak tot mooi bruin en gaar
Foto en resep: Gillian Bird
HASSELBACK AARTAPPLES MET MAALVLEIS


HASSELBACK AARTAPPLES MET MAALVLEIS
Sny aartappels (moet nie skil nie) in wiele maar nie reg deur nie (Soveel as wat jy sal benodig vir ete.
Ek doen altyd bietjie meer want dit is baie lekker.
Plaas in oondvaste bak en plaas dan gekerfde knoffel in elke tweede snytjie en roosmaryn blaartjies in die ander snytjie.
Strooi sout oor
Gooi ook olyf olie en stip botter.
Plaas in oond teen 180 grade C vir so 1 uur of tot lekker gaar. Bedien saam met vleisbolletjies of
maalvleis, dis mos maklik, maak soos jy dit verkies en ‘n vinnige slaai en aandete is op die tafel
RESEP: Hendrika Barkhuizen Kruger
ELSABE SE KAASKOEK


ELSABE SE KAASKOEK
Bestanddele:
3 bakkies maaskaas
2 blikkies kondensmelk
1 bottel room 250 ml
1\2 kop suiker
1\2 kop suurlemoen sap Continue reading
PASTA RYS MET CHICKEN A LA KING


PASTA RYS MET CHICKEN A LA KING
Uie in repe gesny en in olyf olie gebraai
Pepers al 3 kleure in repe geny
Hoender repe
Muschroom 1/2 gesny
Voeg peppers, hoender en mushroom by uie
Braai 5 minute
Voeg 600ml melk in
Voeg chicken a la king pakkie poeier by
Prut 25 min sonder deksel.
Ek het pasta rice by gemaak
Skep op en strooi pietersielie oor
Lekker eet
Resep en foto: Emma Beetge
PEPPADEW BLATJANG


PEPPADEW BLATJANG
Resep: Amanda Marais
FOOD LOVERS RECIPES
2 blikke appelkooskonfyt (410 g elk)
2 groot uie
½ koppie bruin asyn
½ koppie bruin suiker
8 Peppadews, ontpit en opgesny
Plaas al die bestanddele in ‘n pot en kook oor middelmatige hitte totdat uie deurskynend en die sous bietjie minder is.
Bottel dadelik in gesteriliseerde bottels en seël.
DONSIE SE SAGO MELKKOS


DONSIE SE SAGO MELKKOS
Hierdie is ‘n baie lekker ligte maal vir ‘n koue of reenerige dag. Ek en my ma maak dit al jare lank en omdat dit so lekker lig en donsig is van die eierwit wat agterna ingevou word, het my kinders, toe hulle nog klein was, dit “Donsie” gedoop.
DONSIE:
60 ml sago geweek in 150ml water (vir ongeveer 30 min)
750 ml (3 koppies) melk
2 ml sout
15 ml botter of bak-margarien
10 ml koekmeelblom
5 ml maizina
2 ml bakpoeier
1 ekstra-groot of Jumbo eier, geskei.
kaneel-suiker na smaak. Continue reading
BESONDERSE AARTAPPEL-PLAASBROOD


BESONDERSE AARTAPPEL-PLAASBROOD
By die eerste oogopslag lyk dit na baie werk, veral omdat die brooddeeg drie keer moet rys. Maar dit is ´n vinnige proses en beslis die moeite werd.
Maak eers die aartappel-kaassmeer en rol in balletjies. Hou in die yskas terwyl die brood berei word.
Kaassmeer-balletjies
300 ml warm fyngemaakte aartappel
50 ml botter
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
1 x 250 g roomkaas of geroomde maaskaas
250 g biltong, fyn gerasper, of 1 blikkie (300 g) soutbeesvleis, goed verkoel en vet verwyder
250 ml fyn gerasperde sterk kaas
150 ml blatjang met biltong of
150 ml mosterd met soutbeesvleis
10 ml worcestersous Continue reading

