

BASIESE QUICHE MET VULSEL VAN JOU KEUSE
Hierdie resep maak ek baie.
Mens kan enigiets inmeng. Baie maklik. Van my gunsteling om in te sit, is gebraaide murgpapmoentjies en spek of botterskorsie, feta en bietjie bloukaas. Ek het ook al einde van die maand sommer net gemengde groente en viennas gebruik. Steeds baie lekker.
Meng die volgende saam:
2 eiers(geklits)
50 ml koekmeel
1 ¼ koppie melk
5 ml mosterd
2 koppies Cheddarkaas
sout en peper na smaak
Maak nou ‘n mengsel van dit waarvan julle hou, enige gaar groente of kouevleise.
Meng alles saam met die eiermengsel. Skep in ‘n voorbereide oondbak.
Bak teen 170ºC vir 45min of tot gestol.
Resep: Carien Louw le Roux






