

TUISGEMAAKTE ROOMKAAS
Resep: Sandra Loots Marais
Foto: Charmaine Van Staden
2 liter Amasi
Vergiettes
Skoon vaddoek
Emmer/bak
Sit die vaddoek in die vergiettes en sit hierdie in n bak/emmer sodat die handvatsels hom bo hou. Gooi die Amasi in en sit in die yskas vir 24 uur. Klop vinnig en sit in bakkies. Jy kan dit ook geur met peper, spring onions ok kruie van jou keuse. Lewer ongeveer so 900g roomkaas vir R23. Gebruik die wei in soppe, stews in die plek van aftreksel en in jou gebak in plek van water of melk. Heerlik.







Annamarie Coetzee
Ek was by magda en die tuisgemaakte kaas gaan proe….met bq sout en n druppel suurlemoen is daar geen maar geen verskil ni….heerlik verby
Louise Groenewald: Ek geur myne net lekker agterna, ek vind dit redelik bland na die whey gedreineer het. Ek voeg pienk sout by, of gerookte Paprika, kerriepoeier, knoffel, ens.