

VERSUIKERDE LEMOENSKYWE
1 kg dikskil-lemoene wat nie met was bedek is nie (organies)
600 g suiker
Koue water
Sny die lemoene in dun skywe.
Pak dit in lae in ‘n swaarboompan en besprkinkel elke laag met ‘n bietjie van die suiker.
Bedek met koue water. Sit ‘n sirkelgesnyde stuk foelie of waspaper bo-op om verdamping te voorkom.
Prut, met die deksel op, vir 2 ure totdat die skywe sag is en die vloeistof ‘n stroperige tekstuur het (maak 500 ml)
Bron: Leanne Faddel






