

IDEE MET GEVRIESDE EIERS
Nicolien de Waal:
Kyk gou hier ek 4 eiers heel gevries toe dop ek hulle af en sny skyfies nou lyk dit baaaie
Vries die eier rou, dan haal jy hom uit die vrieskas, dop hom af en sny in 3 skywe en
Plaas nou die skywe in ‘n warm pan met bietjie olie soos jy normaal eiers sou bak en dan bak jy dit so van gevries af. Dit lyk of jy dan baie eiers het.
Dit werk perfek.
Category Archives: Wenke / Tips
HOW TO TEST FOR PECTIN


HOW TO TEST FOR PECTIN
Hennie Van de Merwe
Always do a pectin test before adding sugar.
Take a small glass pour methalated spirits in about 1 cm in bottom of glass add about 1 teaspoon of pre-boiled citrus juice to it.
One to three big pebbles – it’s high in pectin
A lot of small pebbles – it’s low in pectin
When low, rather make a lemonade or cold drink with your juice to safe a lot of drama and frustration, or add extra pectin if so wish to make jam. Continue reading
IDEES VIR FONDANT IN VORMS



IDEES VIR FONDANT IN VORMS
Janine Stander:
Hi ek wil graag weet ek wil fondant in ‘n “mould” gebruik. Watter fondant werk die beste: die fondant wat klaar gekleur is of die poeier of gel?
Johanna Viljoen Zwiegelaar:
Ja jy kan fondant in ‘n “mould” gebruik, jy kan ook die gekleurdes gebruik. Gooi net ‘n bietjie Maizena in die “mould” dat hy nie vas sit nie.
Frances Smith:
Ek koop gewoonlik die fondant wat klaar gekleur is want dis minder moeite.
Nadia Van Der Merwe:
Koop die pettinice een. Goeie tip vir fondant uit “mould” uit kry. Smeer “mould” met “shortening” of spuit sommer bietjie “non-stick spray” in. Druk stewig vas om mooi “detail” te kry. Skraap oortollige fondant af en sit in vrieskas vir so 5 min. Haal uit en verwyder van “mould”. Dit werk soos ‘n droom veral vir goed soos lettertjies en ander fyn “detail”. Kleur by huis is maklik maar as jy dieper kleure soek dan is klaar gekleur beter. Veral as dit by rooi en swart kom.
Continue reading
JOHAN SE WENKE VIR DIE GAARMAAK VAN WILDSVLEIS

JOHAN SE WENKE VIR DIE GAARMAAK VAN WILDSVLEIS
Wanneer dit by die gaarmaak kom, is dit verstandig om in ag te neem dat wildsvleis van nature ‘n maer vleis is. Om droogheid te voorkom, moenie oorgaar maak nie. Dit is veilig om die sagter snitte liggaar of medium te bedien.. Sny altyd teen die grein sodat op kort weefsels gekou word. Dit verhoog die vleis se sappigheid. Lardeer met spek- of netvet om ook uitdroging te voorkom.
Die volgende soort marinade kan gebruik word:
1. ‘n mengsel met hoë suurinhoud, wat met die afbreek van proteïen help;
2. ‘n mengsel met vars pynappelsap of gemmer wat ensieme bevat om die kollageen af te breek wat die weefsels aanmekaar hou; en
3. karringmelk of room wat melksure bevat om die bindweefsel af te breek en die vleis sappiger te maak. Continue reading
WENK OM ROOM EN ROOMKAAS LANGER TE BêRE


WENK OM ROOM EN ROOMKAAS LANGER TE BêRE
Kittie Du Preez
Maats ek koop vars room in houertjies, sowel as roomkaas, maaskaas, en 1 liter jogurt houers!!!
Dan plaas ek al die houers onderstebo in my yskas, en dit bly langer as ‘n maand vars in my yskas sonder om suur te word!!!
Jy verplaas die lugleegte wat bo is in jou houer, na onder en sodoende bly jou produkte langer vars!!!
RAAD OM TE KEER DAT “MERINGUE” KRIMP

RAAD OM TE KEER DAT “MERINGUE” KRIMP
Bak eers net tert vir so 20 min, verlaag temperatuur na 160 ºC en sit dan styf geklitste eierwit op.
Bak nog tot mooi ligbruin. Skakel oond af, maak deur effens oop en laat in oond afkoel.
Geen tert wat loperig trek nie en eierwit bly mooi hoog.
Ek het al voorheen al die raad gevolg met geen sukses. Sy klop ook eierwit styf voor sy strooisuiker by klits en klits baie styf. Ek was by haar toe sy dit gemaak het en die resultaat gesien. As tert afgekoel het maak hy so druppels op van die suiker soos my ouma sn was.
Wenk deur Elize Matthysen Theron
Adéle van der Westhuizen
Voeg 5 ml asyn en 15 ml maizena by jou styfgeklitste eierwit. Dit stabiliseer die eierwit en verhoed dat die meringue platval en suikerdruppeltjies vorm. Dit help ook dat dit nie krimp nie.
WENK VIR BRAAI IN WEBER



WENK VIR BRAAI IN WEBER
As jy jouself ‘n guns wil doen, sit foelie op rooster waar twee halfmaan openings is. Maak seker dat dit nog daar is. Maak kole oor hele bodem van bak. Sit kos op, sit deksel op en kuier. Nou en dan draai hoender en ribs, tot gaar. Geen sous, dit brand. Probeer een keer, jy sal verewig dankbaar wees oor raad. Braai al jare so.
Maar jou braai lyk heerlik.
If you have a weber and like bbq basted meats. This is how to. No expensive mats or b.s. use foil.
Wenk geplaas deur Martin van Vuuren
SAVE DIE WEBSITE SKAKEL NA JOU SELFOON

SAVE DIE WEBSITE SKAKEL NA JOU SELFOON
Om die website te save op jou selfoon. Google net www.foodloversrecipes.com
en wanneer die tuisblad (homepage) oopmaak, is daar drie kolletjies regs bo aan jou selfoon skerm. Kliek daarop en kies”add to Home Screen”
dan sit Food Lovers Recipes voor op jou selfoon en kan jy net daar click om na die resepte te gaan kyk.
Wanneer jy op die tuisblad is, is daar “search” en Categorie” blokkies, vul dit in en voila….
Baie belangrik dat jy die regte kategorie kies soos bv. koeke of sop en dan tik jy in bv sjokolade… dan sal dit jou na al die regte resepte toe neem. Indien jy nie die kategorie insit nie, gaan jy vreeslik baie resepte kry en moedeloos raak. Hoop dit help en dat julle dit almal op julle selfone gaan sit en gebruik.
TIPS FOR TOFFEE APPLE MAKING

TIPS FOR TOFFEE APPLE MAKING
Lay out a sheet of baking parchment and place the apples on this, close to your stovetop. Tip the sugar into a pan along with 100 ml water and set over a medium heat.
Cook for 5 mins until the sugar dissolves, then stir in the vinegar and syrup. Set a sugar thermometer in the pan and boil to 150C or ‘hard crack’ stage.
If you don’t have a thermometer you can test the toffee by pouring a little into a bowl of cold water. It should harden instantly and, when removed, be brittle and easy to break.
If you can still squish the toffee, continue to boil until it becomes brittle.
Posted by Michaela Hunt
RAAD VIR SKURWE HAKKE

RAAD VIR SKURWE HAKKE
Nadine Corbett:
Jammer ek pla weer; weet iemand dalk van ‘n resep of iets wat ek kan gebruik om my hakke en voete sag te maak.
Linda Diedericks:
Speensalf
Anna Venter:
Gaan vra by ‘n apteek vir Camphor Ice, jy kry wit en pienk. Dis so ‘n bar, en goedkoop. Ek het myne sommer in ‘n leë badsout houer met wye bek gedruk. Dit hou ‘n ewigheid. Smeer saans na bad aan en trek sokkies aan, want dit maak die beddegoed olierig. Ek gebruik dit seker al meer as 10 jaar. My hakke het gebloei so gebars was dit. Sedertdien weet ek nie van ‘n skurwe hak nie. Hierdie is regtig goed. ‘n Ou swart verpleegsuster by die hospitaal het die raat aan my suster gegee en dit WERK. Continue reading

