
RAAD OM TE KEER DAT “MERINGUE” KRIMP
Bak eers net tert vir so 20 min, verlaag temperatuur na 160 ºC en sit dan styf geklitste eierwit op.
Bak nog tot mooi ligbruin. Skakel oond af, maak deur effens oop en laat in oond afkoel.
Geen tert wat loperig trek nie en eierwit bly mooi hoog.
Ek het al voorheen al die raad gevolg met geen sukses. Sy klop ook eierwit styf voor sy strooisuiker by klits en klits baie styf. Ek was by haar toe sy dit gemaak het en die resultaat gesien. As tert afgekoel het maak hy so druppels op van die suiker soos my ouma sn was.
Wenk deur Elize Matthysen Theron
Adéle van der Westhuizen
Voeg 5 ml asyn en 15 ml maizena by jou styfgeklitste eierwit. Dit stabiliseer die eierwit en verhoed dat die meringue platval en suikerdruppeltjies vorm. Dit help ook dat dit nie krimp nie.






