

HOW TO TEST FOR PECTIN
Hennie Van de Merwe
Always do a pectin test before adding sugar.
Take a small glass pour methalated spirits in about 1 cm in bottom of glass add about 1 teaspoon of pre-boiled citrus juice to it.
One to three big pebbles – it’s high in pectin
A lot of small pebbles – it’s low in pectin
When low, rather make a lemonade or cold drink with your juice to safe a lot of drama and frustration, or add extra pectin if so wish to make jam.
Ek was en snipper vrugte, gooi water oor tot so 2 vingers bo die vrugte en kook dan net tot dit sag is.
Van sterk kook tot net lekker sag so tien tot vyftien minute, laat dit dan heeltemal koud word in die pot.
Sodra dit koud is doen ek die toets, indien daar nie meer as drie pebbles is nie (die pebbles lyk soos die glas pebbles wat mens vir versiering gebruik) dan vat ek vir elke koppie “mush” ‘n koppie suiker en kook tot dit jellie met die piering wat in vrieskas was toets.
Indien jy net ‘n jelly marmalade wil hê kan jy op die stadium alles deur ‘n sif gooi en net die vloeistof gebruik, dan vat jy koppie vloeistof en koppie suiker dan is dit soos daai bekende maak se marmelade wat so duur is.
Marmelade moet vinnig kook soos meeste jam en nie stadig soos konfyt nie.
Ek moes seker bygesê het dat dit nie nodig is om die pitte te verwyder nie, want dit help met pektien, en wanneer jy dit afmeet om suiker te bepaal en jy roer nie jou pot te veel nie, lê 80 tot 90 % van die pitte onder in die pot.
Die paar wat wel saam geskep word, sal na so ‘n half uur se sterk kook, bo dryf en kan dan uitgevis word om ‘n mooi skoon marmelade te kry.
As jy al die pitte los en suiker bygooi, word dit meer bitter, die suiker bring die bitter uit die pit.






