

KLAM SJOKOLADE MAYONNAISE KOEK IN MIKROGOLFOOND
Maklikste en vinnigste koek en die sous bo-op smaak beter as gewone versiersel.
500 ml koekmeelblom, gesif
150 ml kakao
10 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
2 groot eiers
310 ml strooisuiker
250 ml mayonnaise
250 ml water
5 ml vanielje geursel
Sif meelblom, kakao, bakpoeier en koeksoda saam
Klits eiers en strooisuiker tot lig en romerig en vou by droë bestanddele in.
Meng mayonnaise, water en vanielje geursel goed en roer by beslag in.
Skep beslag in tuitbak wat liggies gesmeer is (ek gebruik silicon ring pan)
Mikrogolf 8 – 10 minute by 70% krag
Laat 10 minute staan en keer uit op draadrak om af te koel.
Let wel: gebruik egte mayonnaise nie lae vet nie
Sachertorte (bolaag)
250 ml wit suiker
250 ml warm water
60 ml margarien of botter
40 ml kakao
50 ml koue water
50 ml mielieblom
Meng die koue water en mielieblom apart voor julle dit by die sous bestanddele sit.
Meng dan alle bestanddele en mikrogolf vir 4 minute. Roer twee maal tussendeur.
Giet warm mengsel oor koek.
Ns: Lou warm appelkoos konfyt kan oor die koek gesmeer word voor bolaag oor gegooi word indien verkies.
Resep geplaas deur Mari Meyer Beukes
Foto: Mari Meyer Beukes






