IDEE MET GEVRIESDE EIERS


IDEE MET GEVRIESDE EIERS
Nicolien de Waal:
Kyk gou hier ek 4 eiers heel gevries toe dop ek hulle af en sny skyfies nou lyk dit baaaie
Vries die eier rou, dan haal jy hom uit die vrieskas, dop hom af en sny in 3 skywe  en
Plaas nou die skywe in ‘n warm pan met bietjie olie soos jy normaal eiers sou bak en dan bak jy dit so van gevries af. Dit lyk of jy dan baie eiers het.
Dit werk perfek.




HOW TO TEST FOR PECTIN


HOW TO TEST FOR PECTIN
Hennie Van de Merwe
Always do a pectin test before adding sugar.
Take a small glass pour methalated spirits in about 1 cm in bottom of glass add about 1 teaspoon of pre-boiled citrus juice to it.
One to three big pebbles –  it’s high in pectin
A lot of small pebbles –  it’s low in pectin
When low, rather make a lemonade or cold drink with your juice to safe a lot of drama and frustration, or add extra pectin if so wish to make jam.

Ek was en snipper vrugte, gooi water oor tot so 2 vingers bo die vrugte en kook dan net tot dit sag is.
Van sterk kook tot net lekker sag so tien tot vyftien minute,  laat dit dan heeltemal koud word in die pot.
Sodra dit koud is doen ek die toets, indien daar nie meer as drie pebbles is nie (die pebbles lyk soos die glas pebbles wat mens vir versiering gebruik) dan vat ek vir elke koppie “mush” ‘n koppie suiker en kook tot dit jellie met die piering wat in vrieskas was toets.
Indien jy net ‘n jelly marmalade wil hê kan jy op die stadium alles deur ‘n sif gooi en net die vloeistof gebruik, dan vat jy koppie vloeistof en koppie suiker dan is dit soos daai bekende maak se marmelade wat so duur is.
Marmelade moet vinnig kook soos meeste jam en nie stadig soos konfyt nie.

Ek moes seker bygesê het dat dit nie nodig is om die pitte te verwyder nie, want dit help met pektien, en wanneer jy dit afmeet om suiker te bepaal en jy roer nie jou pot te veel nie, lê 80 tot 90 % van die pitte onder in die pot.
Die paar wat wel saam geskep word, sal na so ‘n half uur se sterk kook, bo dryf en kan dan uitgevis word om ‘n mooi skoon marmelade te kry.
As jy al die pitte los en suiker bygooi, word dit meer bitter, die suiker bring die bitter uit die pit.




IDEES VIR FONDANT IN VORMS


IDEES VIR FONDANT IN VORMS
Janine Stander:
Hi ek wil graag weet ek wil fondant in ‘n “mould” gebruik. Watter fondant werk die beste: die fondant wat klaar gekleur is of die poeier of gel?

Johanna Viljoen Zwiegelaar:
Ja jy kan fondant in ‘n “mould” gebruik, jy kan ook die gekleurdes gebruik. Gooi net ‘n bietjie Maizena in die “mould” dat hy nie vas sit nie.

Frances Smith:
Ek koop gewoonlik die fondant wat klaar gekleur is want dis minder moeite.

Nadia Van Der Merwe:
Koop die pettinice een. Goeie tip vir fondant uit “mould” uit kry. Smeer “mould” met “shortening” of spuit sommer bietjie “non-stick spray” in. Druk stewig vas om mooi “detail” te kry. Skraap oortollige fondant af en sit in vrieskas vir so 5 min. Haal uit en verwyder van “mould”. Dit werk soos ‘n droom veral vir goed soos lettertjies en ander fyn “detail”. Kleur by huis is maklik maar as jy dieper kleure soek dan is klaar gekleur beter. Veral as dit by rooi en swart kom.

Kiti Citi:
Ek vind weer die “cooking spray” of vet maak die oppervlak taai. Ek vat ‘n verfkwassie (so 5 mm breed met sagte hare), gooi Maizena in die “mould” en verf dit in al die hoekies en tip uit, kap hom paar keer dat alles uitkom en jy nie detail verloor nie. Verder doen soos Nadia sê met die vrieskas trick. Ek dust ook kleur aan na die tyd vir bietjie ekstra diepte. Ek het ‘n klomp van die gemaak vir ‘n vriendin se tweeling se doop.
Foto: Kiti Cit




JOHAN SE WENKE VIR DIE GAARMAAK VAN WILDSVLEIS


JOHAN SE WENKE VIR DIE GAARMAAK VAN WILDSVLEIS
Wanneer dit by die gaarmaak kom, is dit verstandig om in ag te neem dat wildsvleis van nature ‘n maer vleis is. Om droogheid te voorkom, moenie oorgaar maak nie. Dit is veilig om die sagter snitte liggaar of medium te bedien.. Sny altyd teen die grein sodat op kort weefsels gekou word. Dit verhoog die vleis se sappigheid. Lardeer met spek- of netvet om ook uitdroging te voorkom.

Die volgende soort marinade kan gebruik word:
1. ‘n mengsel met hoë suurinhoud, wat met die afbreek van proteïen help;
2. ‘n mengsel met vars pynappelsap of gemmer wat ensieme bevat om die kollageen af te breek wat die weefsels aanmekaar hou; en
3. karringmelk of room wat melksure bevat om die bindweefsel af te breek en die vleis sappiger te maak.

Vir jong vleis is ‘n marinade nie altyd nodig nie, omdat dit die delikate smaak kan oorheers. Soveel mense mis die heerlikheid en gesondheid van wildsvleis, oor die persepsie dat dit taai en droog is. Soos met enige ander vleis, bepaal die snit die gaarmaakmetode. Boud en filet is ideaal vir oondrooster. Dit word aanbeveel dat alle vet verwyder word voordat dit gekook word omdat dit ‘n te sterk smaak het. Dan word vet weer bygevoeg in die vorm van spek. Netvet is ideaal vir snitte wat vir ‘n korter tyd gaargemaak word. Wildsvleis hou baie vir die gesondheidsbewuste eter in. Nie net is wildsvleis organies en hormoonvry nie, en bevat slegs 54% van die kilojoules van beesvleis en vyf keer minder versadigde vette.”

Praktiese Wenke:
Daar is ook baie praktiese wenke soos die bevriesing en ontdooiing van wild:
Wild moet rypgemaak wees alvorens dit gevries word. Vries dit teen die laagste temperatuur (-18ºC) en pak in ‘n enkel laag om bevriesing te bespoedig. Wildsvleis kan ‘n jaar lank gevries word; wildsmaalvleis, lewer, niertjies en tong tot ses maande en wors twee maande. Soutvleis en gerookte vleis moet liefs nie gevries word nie. Ontdooi stadig in die yskas of teen kamertemperatuur, om te verseker dat die sappe opgeneem word in die vleis en sodoende geurig bly.

Pasmaats uit die spens:
Daar is ‘n horde geure wat maklik maats maak met wildsvleis, soos gemmer, koljander, steranys, tiemie, naeltjies, neutmuskaat, peperkorrels, wonderpeper, knoffel, lourierblaar en basiliekruid. Speel ‘n bietjie rond met bruinasyn, wynasyn, gladde appelkooskonfyt, vrugtesap, droë witwyn, olyfolie, sesamolie, sojasous, bruinsuiker, port, kweper of appeljellie, korente, pruime, gedroogte appelkosies, vrugteblatjang of bessies.

Met sesamolie, sojasous, sjerrie en bruinsuiker wat ook dol is oor wild, kan daar lekker getoor word met Oosterse geregte, soos soet-en-suurspringbok-roerbraai of koedoe-filetsaté. Gegeur met borrie, klappermelk, rissies, tamaryn, sitroengras en grondboontjiebotter word blokkies koedoe Thai-styl op stokkies geryg. Jy kan ook wildsvleis ‘n avontuurlustige Kreoolse smaak gee met blokkies vleis in ‘n sous gegeur met tamatiepuree, fyn neutmuskaat, fyn komyn, brandewyn, port en vier piesangs.
Resep: Johan Snyder
Foto:  Elsabie Templeton




WENK OM ROOM EN ROOMKAAS LANGER TE BêRE


WENK OM ROOM EN ROOMKAAS LANGER TE BêRE
Kittie Du Preez
Maats ek koop vars room in houertjies, sowel as roomkaas, maaskaas, en 1 liter jogurt houers!!!
Dan plaas ek al die houers onderstebo in my yskas, en dit bly langer as ‘n maand vars in my yskas sonder om suur te word!!!
Jy verplaas die lugleegte wat bo is in jou houer, na onder en sodoende bly jou produkte langer vars!!!




RAAD OM TE KEER DAT “MERINGUE” KRIMP

RAAD OM TE KEER DAT “MERINGUE” KRIMP
Bak eers net tert vir so 20 min, verlaag temperatuur na 160 ºC en sit dan styf geklitste eierwit op.
Bak nog tot mooi ligbruin. Skakel oond af, maak deur effens oop en laat in oond afkoel.
Geen tert wat loperig trek nie en eierwit bly mooi hoog.
Ek het al voorheen al die raad gevolg met geen sukses. Sy klop ook eierwit styf voor sy strooisuiker by klits en klits baie styf. Ek was by haar toe sy dit gemaak het en die resultaat gesien. As tert afgekoel het maak hy so druppels op van die suiker soos my ouma sn was.
Wenk deur Elize Matthysen Theron

Adéle van der Westhuizen
Voeg 5 ml asyn en 15 ml maizena by jou styfgeklitste eierwit. Dit stabiliseer die eierwit en verhoed dat die meringue platval en suikerdruppeltjies vorm. Dit help ook dat dit nie krimp nie.

 




WENK VIR BRAAI IN WEBER


WENK VIR BRAAI IN WEBER
As jy jouself ‘n guns wil doen, sit foelie op rooster waar twee halfmaan openings is. Maak seker dat dit nog daar is. Maak kole oor hele bodem van bak. Sit kos op, sit deksel op en kuier. Nou en dan draai hoender en ribs, tot gaar. Geen sous, dit brand. Probeer een keer, jy sal verewig dankbaar wees oor raad. Braai al jare so.
Maar jou braai lyk heerlik.
If you have a weber and like bbq basted meats. This is how to. No expensive mats or b.s. use foil.

Wenk geplaas deur Martin van Vuuren




SAVE DIE WEBSITE SKAKEL NA JOU SELFOON


SAVE DIE WEBSITE SKAKEL NA JOU SELFOON
Om die website te save op jou selfoon. Google net www.foodloversrecipes.com
en wanneer die tuisblad (homepage) oopmaak, is daar drie kolletjies regs bo aan jou selfoon skerm. Kliek daarop en kies”add to Home Screen”
dan sit Food Lovers Recipes voor op jou selfoon en kan jy net daar click om na die resepte te gaan kyk.
Wanneer jy op die tuisblad is, is daar “search” en Categorie” blokkies, vul dit in en voila….
Baie belangrik dat jy die regte kategorie kies soos bv. koeke of sop en dan tik jy in bv sjokolade… dan sal dit jou na al die regte resepte toe neem. Indien jy nie die kategorie insit nie, gaan jy vreeslik baie resepte kry en moedeloos raak. Hoop dit help en dat julle dit almal op julle selfone gaan sit en gebruik.




TIPS FOR TOFFEE APPLE MAKING

TIPS FOR TOFFEE APPLE MAKING
Lay out a sheet of baking parchment and place the apples on this, close to your stovetop. Tip the sugar into a pan along with 100 ml water and set over a medium heat.
Cook for 5 mins until the sugar dissolves, then stir in the vinegar and syrup. Set a sugar thermometer in the pan and boil to 150C or ‘hard crack’ stage.
If you don’t have a thermometer you can test the toffee by pouring a little into a bowl of cold water. It should harden instantly and, when removed, be brittle and easy to break.
If you can still squish the toffee, continue to boil until it becomes brittle.
Posted by Michaela Hunt




RAAD VIR SKURWE HAKKE

RAAD VIR SKURWE HAKKE
Nadine Corbett:
Jammer ek pla weer; weet iemand dalk van ‘n resep of iets wat ek kan gebruik om my hakke en voete sag te maak.
Linda Diedericks:
Speensalf
Anna Venter:
Gaan vra by ‘n apteek vir Camphor Ice, jy kry wit en pienk. Dis so ‘n bar, en goedkoop. Ek het myne sommer in ‘n leë badsout houer met wye bek gedruk. Dit hou ‘n ewigheid. Smeer saans na bad aan en trek sokkies aan, want dit maak die beddegoed olierig. Ek gebruik dit seker al meer as 10 jaar. My hakke het gebloei so gebars was dit. Sedertdien weet ek nie van ‘n skurwe hak nie. Hierdie is regtig goed. ‘n Ou swart verpleegsuster by die hospitaal het die raat aan my suster gegee en dit WERK.
Annamarie Mc Cabe:
Mix:
¼ cup of listerine
¼ cup vinegar
½ cup warm (or hot) water
Let soak for 10 – 15 min.
When done, wipe with a cloth.(The dead skin will practically fall right off)
Alet van Zyl:
Sh’Zen se Overnight Balm for feet het van alles nog vir my die beste gewerk veral, as die hakke al so seer gebars is en die bloed loop, maak die Overnight balm dit regtig oornag gesond!
Linda Diedericks
Wanneer jy klaar hakke geskrop het, smeer aan wat gesê word. Sit plastiese brood sakkies oor jou voete, trek sokkies oor sakkies aan en slaap so. Jou voete sal sweterig en sag word. Doen dit vir ‘n tyd tot dit reg is en hou dit so.
Glauda Goosen:
Dermatoloog die raad gegee. Na jy bad in die aande, smeer voete met Eulactol. Slaap met sakkies aan voete vir 3 nagte. Skuur tussen in en as dit reg is smeer net Eulactol elke aan aan.
Jenny Schelling:
Vaseline
klein bottle coconut olie
klein bottel pure alcohol
Meng goed, smeer aan en trek sokkies aan. Het dit vir my hande ook gebruik, na heel dag in die salon.
Elna Erasmus:
1 blik aqueousroom
1 botteltjie kasterolie
Meng saam en smeer aan jou hakke in die aande en oggende.
Erika Weber Vos:
Daar is net een ding wat werk en dit is dissipline. As jy klaar gebad het smeer jou voete goed en trek sokkies aan as jy gaan slaap.
Debbie Sandow:
Hydra Heel Balm
Hazel Van Vreden Kern:
Ek smeer Camphor cream (herbal) met grandpa poeier aan my voete ELKE aand na ek gebad het. Kleinste houertjie wat te koop is met 1 grandpa poeier!! Het jare laas droë en seer voete gehad.
Ans Nieuwoudt:
Week jou voete in warm water met ‘n koppie suurlemoensap so lank as moontlik. Maak droog en skuur die hakke met ‘n voet rasper tot glad. Vryf goed in met Lennon se Heal balm. ‘n Stukkie raad, sorg vir gereelde opelyf. Drink op jou nugtermaag n koppie warm water met 60 ml suurlemoensap.
Chantal Beisheim:
Dubin polish for leather works very well especially for diabetics with dry heals.
Martie Beukes:
Smeer saans en oggend met gewone Camfhercream goed in. Dit werk en jou voete voel so lekker deur die dag.