


IDEES VIR FONDANT IN VORMS
Janine Stander:
Hi ek wil graag weet ek wil fondant in ‘n “mould” gebruik. Watter fondant werk die beste: die fondant wat klaar gekleur is of die poeier of gel?
Johanna Viljoen Zwiegelaar:
Ja jy kan fondant in ‘n “mould” gebruik, jy kan ook die gekleurdes gebruik. Gooi net ‘n bietjie Maizena in die “mould” dat hy nie vas sit nie.
Frances Smith:
Ek koop gewoonlik die fondant wat klaar gekleur is want dis minder moeite.
Nadia Van Der Merwe:
Koop die pettinice een. Goeie tip vir fondant uit “mould” uit kry. Smeer “mould” met “shortening” of spuit sommer bietjie “non-stick spray” in. Druk stewig vas om mooi “detail” te kry. Skraap oortollige fondant af en sit in vrieskas vir so 5 min. Haal uit en verwyder van “mould”. Dit werk soos ‘n droom veral vir goed soos lettertjies en ander fyn “detail”. Kleur by huis is maklik maar as jy dieper kleure soek dan is klaar gekleur beter. Veral as dit by rooi en swart kom.
Kiti Citi:
Ek vind weer die “cooking spray” of vet maak die oppervlak taai. Ek vat ‘n verfkwassie (so 5 mm breed met sagte hare), gooi Maizena in die “mould” en verf dit in al die hoekies en tip uit, kap hom paar keer dat alles uitkom en jy nie detail verloor nie. Verder doen soos Nadia sê met die vrieskas trick. Ek dust ook kleur aan na die tyd vir bietjie ekstra diepte. Ek het ‘n klomp van die gemaak vir ‘n vriendin se tweeling se doop.
Foto: Kiti Cit






