

SKAAPTJOPS-A-LA-ITALIA
Stap 1:
8 skaaptjops
1 fyngesnyde ui
sout en swartpeper, na smaak
2 eetlepels olyfolie
1 eetlepel botter
vars kruie, na smaak (tiemie, basiliekruid, steranys, roosmaryn)
In ‘n swaarboom pan, ek gebruik gietyster, voorverhit die olie en net voor rookpunt, voeg ‘n eetlepel botter by.
Roerbraai die uie tot sag.
Voeg nou die kruie by en braai dan die tjoppies wat jy vooraf gegeur het met die speserye so 2-3 minute aan ‘n kant. Die tjoppies moenie bleek wees nie, hulle moet mooi goudbruin wees.
Moenie oorgaar maak nie en skep uit om te “rus”.
Stap 2:
‘n handvol vars kruie van jou keuse
3 geroosterde knoffelbolle
500 gram gaar pasta
¼ koppie olyfolie
½ koppie Parmasaan kaas, gerasper
½ wig bloukaas van jou keuse (as jy ‘n bangbroek is, kan jy dit weglaat)
Verhit die olie saam met die vars kruie in ‘n pan.
Haal die knoffelhuisies uit die bolle. As jy dit onder druk spring die gaar knoffel baie maklik uit.
Voeg die knoffel by die kruie in die olie. Wanneer dit begin “sizzle” haal die groen kruie uit.
Voeg die pasta by die olie.
Roerbraai die pasta nou in die olie met die gegeurde olie en knoffel.
Voeg die bloukaas by an laat dit smelt.
Meng goed en voeg Parmasaan kaas by
Hou warm.
Stap 3:
2 eetlepels olyfolie
250 g kersietamaties
vars kruie
sout en baie swart peper met 2 teelepels bruinsuiker
Verhit olie.
Gooi kersietamaties heel in die pan.
Gooi kruie oor.
Strooi suiker oor.
Skud pan oor matige hitte tot die tamaties glansend en gaar, maar nie pap is nie.
Sit nou die spulletjie by mekaar. Op mooi wit dienbord skep jy die pasta, gooi die tamaties oor die pasta en rangskik die tjoppies om die kant van die bord. Gooi ‘n lang glas rooiwyn in, sit terug en gee jou oor aan ‘n smaakontploffing!
Foto: Dricus Bosman






