

DEKADENTE GEROOSTERDE KNOFFELBOLLE
4-5 heel knoffelhuisies
2 eetlepels olyfolie per knoffelhuisie
Vars roosmaryn, tiemie en basiliekruid, na smaak
seesout en swartpeper, na smaak
Balsamiese asyn, na smaak
Haal die meeste papieragtige hulsel van die knoffelbolle af, maar moenie die bolle uitmekaar breek nie;
Neem ‘n skerp mes en sny so bietjie minder as ‘n kwart van die kop van die knoffelbol af.
Sit knoffelbolle regop op ‘n blaai foelie neer.
Gooi 2 eetlepels olyfolie oor elke knoffelbol en kyk hoe die olie in die bol afloop tot heel onder, strooi nou mildelik swartpeper en sout na smaak oor elke ge-oliede knoffelbol.
Drizzle bietjie Balsamiese asyn oor.
Rangskik vars kruie bo-oor elke bol (Tiemie, roosmaryn en basiliekruid).
Voorverhit die oond tot 180 ºC.
Maak die bolle in foelie toe met die blink kant na binne.
Laat rooster nou vir minstens 50 minute in die voorafverhitte oond.
Wanneer jy die bolle oopmaak kan jy dit vir nog 10 minute rooster as jy wil.
Moenie die olie onder in die foelie weggooi nie, dis nou ‘n heerlik geurige olie wat jy kan gebruik soos jy wil.
Jy kan geroosterde knoffelbolle net so eet, ek sal daaraan verslaaf kon raak, op kraakbeskuitjies smeer, met kersietamaties in ‘n pan rooster vir geur of in vleisgeregte gebruik.
‘n Kernbestanddeel in my volgende kookpoging sluit geroosterde knoffelbolle in.
Foto: Dricus Bosman






